In die rekenaarwese praat hulle mos van: WJSIWJK, oftewel "wat jy sien, is wat jy kry". In die Suid-Afrikaanse politiek geld presies die teenoorgestelde: wat jy sien, is juis nie wat jy kry nie.
Lees verder: Onder die multikulti-masker skuil identiteitspolitiek

Jacob Zuma se sekretaresse ontvang my vriendelik en vergesel my na die stoep aan die oostekant. Ek kyk haar vraend aan. Met haar wysvinger maak sy 'n veelseggende draaibeweging in die rigting van die plafon.