Stamselburger ‘nie so sappig nie’

Koskritici het hul uitspraak oor die stamselburger se smaak en tekstuur gegee. Die wêreld se eerste laboratorium-gekweekte beesvleiskoekie is gaargemaak en beproef op ‘n nuuskonferensie in Londen. Wetenskaplikes het selle van ‘n koei, by ‘n instituut in Nederland gekweek, en in repies wat hulle gekombineer het om ‘n vleiskoekie te maak, bekendgestel. Een koskenner het gesê

Lees verder: Stamselburger ‘nie so sappig nie’

Brandstofskok kom Woensdag

Motoriste steier nog weens verlede maand se enorme 84–sent-per-liter styging in brandstof, maar die volgende hou is op pad. Dinsdagnag sal alle grade van brandstof verhoog word met 32 ​​sent per liter, terwyl die prys van diesel met 32,96 sent per liter sal opgaan. Die toename – die jongste in ‘n string van die verhogings

Lees verder: Brandstofskok kom Woensdag

‘Derde taal is inligting-oorlading’

Vakbonde en Engelstalige onderwyskundiges het hul kommer uitgespreek oor die aanleer van ‘n derde taal, en gesê dit kan nie in die oorvol kurrikulum ingepas word nie. Die Departement van Onderwys het in Mei aangekondig dat ‘n derde taal aangeleer sal word vir Graad R en Graad 1 leerlinge volgende jaar, maar besonderhede oor die

Lees verder: ‘Derde taal is inligting-oorlading’

‘Omvattende studie oor landbou en arbeid nodig’

Die statistikus-generaal Pali Lehohla sê 5,2% van die arbeidsmag werk in die landbousektor, terwyl dié sektor slegs 2,5% persent tot die land se Bruto Binnelandse Produk bydra. Dit beklemtoon die belangrikheid van landbou vir werkskepping, het hy gesê. Lehohla het in Pretoria die media toegespreek by die vrystelling van statistiek oor boerdery in Suid-Afrika wat

Lees verder: ‘Omvattende studie oor landbou en arbeid nodig’

Koolstofbelasting kan ekonomie knou

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid waarsku dat die voorgestelde koolstofbelasting ‘n ernstige impak op die land se ekonomie en werkskepping kan hê. Die Kamer se uitvoerende hoof, Neren Rau sê hulle ondersteun maatreëls om koolstofvrystellings te verminder, maar dit moet belasting-neutraal wees. Die kamer het sy kommentaar oor die koolstofbelasting beleidsdokument by die

Lees verder: Koolstofbelasting kan ekonomie knou

Terreur-oproep uit Jemen laat VSA ambassades sluit

Besonderhede het aan die lig gekom oor die Al Kaida bedreiging wat gelei het tot die tydelike sluiting van sowat 20 Amerikaanse ambassades in die Midde-Ooste en in Afrika. Volgens berigte het Amerika gesprekke onderskep tussen die Al Kaida-leier, Ayman al-Zawahri en die organisasie se hoof in Jemen. Die Obama-administrasie beskryf dit as een van

Lees verder: Terreur-oproep uit Jemen laat VSA ambassades sluit

MDC-ondersteuners aangeval

Zimbabwe se MDC beskuldig ondersteuners van Zanu-PF daarvan dat hulle 42 families in Harare aangeval het. ‘n Woordvoerder van die MDC, Douglas Mwonzora sê die families is uit hulle woonstelle uitgesit en dat hulle skuiling gesoek het by die party se hoofkantoor in Harare. Die MDC beplan ‘n hofaansoek teen die uitslag. Morgan Tsvangirai sê

Lees verder: MDC-ondersteuners aangeval

Vlugtelinge wil Limpopo-spaza’s wettig bedryf

Buitelandse handelaars wat spazawinkels in Limpopo bedryf het die Noord-Gautengse Hooggeregshof gevra vir ‘n bevel om hulle in staat te stel om in die provinsie handel te dryf, sê ‘n Business Day–verslag. Die saak handel oor die reg van vlugtelinge en asielsoekers hulself te ondersteun deur die bedryf van ondernemings in Suid-Afrika. Die polisie het

Lees verder: Vlugtelinge wil Limpopo-spaza’s wettig bedryf

Moordverdagtes op eetstaking

Twee mans wat aangehou word weens poging tot moord, Johan Prinsloo en Mark Trollip, het tronkowerhede amptelik in kennis gestel van hul voorneme om van Maandag af op te hou eet. Die twee is van ander verhoorafwagtende gevangenes in die Grootvlei-tronk buite Bloemfontein geskei, omdat hulle tans amptelik op ‘n eetstaking is. Woordvoerder vir die

Lees verder: Moordverdagtes op eetstaking

Swart kinders kry berading na skoolbusongeluk

Die Gautengse departement van Onderwys het die dienste van ‘n busmaatskappy opgeskort, ná ‘n ongeluk gister by Douglasdale noord van Johannesburg waarin byna 40 swart skoolkinders beseer is. Die departement sê hy sal ondersoek instel na die padwaardigheid van al die busse wat aan die maatskappy behoort. Volgens ER-24 het die bus 100 kinders van

Lees verder: Swart kinders kry berading na skoolbusongeluk