Koskritici het hul uitspraak oor die stamselburger se smaak en tekstuur gegee.
Die wêreld se eerste laboratorium-gekweekte beesvleiskoekie is gaargemaak en beproef op ‘n nuuskonferensie in Londen.
Wetenskaplikes het selle van ‘n koei, by ‘n instituut in Nederland gekweek, en in repies wat hulle gekombineer het om ‘n vleiskoekie te maak, bekendgestel.
Een koskenner het gesê dit is “naby aan vleis, maar nie so sappig nie,” en ‘n ander het gesê dit het geproe soos ‘n ware burger.
Navorsers sê die tegnologie kan ‘n volhoubare manier wees om te voorsien in ‘n groeiende vraag na vleis.
Die sjef Richard McGeown, vanaf Cornwall, het die burger gaargemaak en dis geproe deur voedselkritici Hanni Ruetzler en Josh Schonwald.
Prof Tara Garnett, hoof van die Food Policy Research Network aan die Universiteit van Oxford, het gesê besluitnemers moet kyk na tegnologiese oplossings.
“Ons het ‘n situasie waar 1,4 miljard mense in die wêreld oorgewig en vetsugtig is, en terselftertyd ‘n miljard mense wêreldwyd wat honger gaan slaap,” het sy gesê.

Ag nee wat nog????????????????????????
Ek gun elke mens sy vleisie, alhoewel ek ‘n vegetarieer is, maar hierdie plastiek kos – soos Riempies hierbo se, weersinwekkend, inteendeel, die gedagte daaraan maak my naar.
Trip ek eet elke dag van my lewe vleis, soms tot drie keer, en soms net eenkeer maar vleis moet daar wees. Daardie storie sal ek ook nie eet nie. In die nabye toekoms sal ons seker nog nog ‘n kapsule sluk vir elke ete of maaltyd. Gelukkig sal ek nie meer hier wees om deel daarvan te wees nie.
Ek hoop ek is nie meer hier wanneer hul kom met daai plastiek vleis op ons winkelrakke nie…
Renier net die gedagte daaraan is weersinwekkend ek
dink dat die meeste mense dan liewer hulle na ander proteine bronne gaan wend, soos bv. boontjies en vis as die sjinese nie by daardie tyd alle visbronne uitgeput en vernietig het nie.
Aan die kaapse kus gebied vang die Sjinese lekker vis – of hulle lag vir die vermoee van die swartes om hulle te keer of hulle vang die vis met hulle toestemming terwyl die kleurlinge wat traddisioneel vissers is en hulle lewe daaruit maak – beperk word met voorgeskryfde hoeveehede.
Renier, mens sal dit ongelukkig moet kook, as jy dit gaan braai sal dit smelt.
“Protein shakes” se verkope gaan seker die hoogte inskiet.