Mnr. Fred Rundle, wat bande met die AWB en ander verregse organisasies het en die klag van kubermisdaad teen Uhuru Guru gelê het, het die volgende brief aan ons gerig: Anton Barnard is een van die intelligente mense wat die storie reg lees en sien dat daar meer agter hierdie storie steek as wat Bert
My onregmatige en onwettige arrestasie – Uhuru Guru
In antwoord op die vrae wat Anton Barnard rondom die vreemde inhegtenisname en aanhouding van die webmeester Uhuru Guru van South Africa Sucks gevra het, het ons die volgende brief van 2300 woorde van Bert Oosthuizen alias Uhuru Guru ontvang. Hoewel Oosthuizen verlede week nooit formeel aangekla is nie, het Beeld sy regte naam gepubliseer,
Lees verder: My onregmatige en onwettige arrestasie – Uhuru Guru
Els tweede na skitterende spel
Ernie Els het tweede geëindig in die HSBC-gholftoernooi in Sjanghai ná ’n merkwaardige ronde van 63 wat 8 voëltjies en ’n arend ingesluit het. Dit is ‘n hele 9 houe minder as die baansyfer. Els het Sondag een van die mees skitterende rondes ooit gespeel, maar ongelukkig sy bal op die laaste putjie in die
Kasrils se vrou oorlede
Voormalige president Thabo Mbeki het Maandag sy medelye teenoor oud-minister Ronnie Kasrils betuig nadat Kasrils se vrou Eleanor, die naweek oorlede is. Mbeki het Eleanor Kasrils se rol in die totstandkoming van ‘n “nie-rassige, nie-seksistiese en demokratiese Suid-Afrika” geloof. Mbeki se woordvoerder, Mukoni Ratshitanga, het ‘n verklaring namens die hom uitgereik. Die Independent Online berig
Een van die dae…
{jathumbnail off} детский велосипедОлександр Васильович Фільчаков
Voormalige hoëkommissaris aktief in Irak
Brittanje se voormalige hoëkommissaris in Suid-Afrika, Paul Boateng, is aangestel as direkteur van ’n privaat veiligheidsmaatskappy wat in Irak gekontrakteer is. Die Sunday Times het Sondag berig dat Boateng, wat Suid-Afrika in Mei verlaat het, se direkteurskap by Aegis Defence Services skaars vyf maande ná sy terugkeer beklink is. Die Britte het in Boateng se
Eensames van die ortodokse geloof se godsdiensrewolusie
In die soeke na ‘n verdraagsame gespreksruimte het die Nuwe Hervormingsnetwerk (NHN) op 31 Oktober 2004 tot stand gekom. Op hierdie dag het ‘n groep mense wat hulle rug op die ortodokse leerstellinge aangaande Jesus gedraai het in Centurion vergader, onderweg na ‘n nuwe spiritualiteit. Met ortodoksie word bedoel dáárdie Christene wat die leer en
Lees verder: Eensames van die ortodokse geloof se godsdiensrewolusie
Wat is die ware feite oor ZA Sucks se webmeester?
Ek het Donderdag reeds, toe gerugte oor die inhegtenisname van die webmeester van ZA Sucks begin verskyn het, my bedenkinge gehad oor die hele storie en geskryf dat daar ‘n slang in die gras is in reaksie op die eerste berigte oor die saak. Die berig wat op ZA Sucks verskyn het rakende sy webmeester,
Lees verder: Wat is die ware feite oor ZA Sucks se webmeester?
Die Berlynse muur het nie vir ons geval nie
Tans word die ineenstorting van die Berlynse muur wêreldwyd gevier. Ongeveer ‘n maand voor daardie gebeurtenis twintig jaar gelede was ek in Berlyn waar die “skandmuur” soos die Wes-Duitsers dit genoem het, nog in al sy glorie gestaan het. Ons Wes-Berlynse vriende het aan ons verduidelik dat die kommunistiese regering in Oos-Duitsland dit ‘n “anti-fascistiese
Proteas skop internasionale seisoen af
Die Proteas se internasionale krieketseisoen begin Sondag met ‘n wedstryd teen Zimbabwe op Willowmoore Park in Benoni in die eerste van twee eendagkragmetings. Graeme Smith, die Proteas-kaptein, wil die wedstryd teen Zimbabwe ter voorbereiding vir die reeks teen Engeland wat Vrydag afskop met ‘n Twintig20-wedstryd op die Wanderers in Johannesburg, aanwend. Hy het gesê hulle
