Voormalige hoëkommissaris aktief in Irak

Brittanje se voormalige hoëkommissaris in Suid-Afrika, Paul Boateng, is aangestel as direkteur van ’n privaat veiligheidsmaatskappy wat in Irak gekontrakteer is.

Die Sunday Times het Sondag berig dat Boateng, wat Suid-Afrika in Mei verlaat het, se direkteurskap by Aegis Defence Services skaars vyf maande ná sy terugkeer beklink is.

Die Britte het in Boateng se termyn gepoog om plaaslike wetgewing oor huursoldate te verander om Suid-Afrikaners te kan werf.

Boateng het namens Brittanje se buitelandse kantoor voorleggings aan die ministerie van verdediging gemaak oor voorgestelde wetgewing rondom Suid-Afrikaners wat hulle by buitelandse militêre operasies wil aansluit.

Suid-Afrikaners wat hulle dan by die Britse weermag aansluit sou sodoende nie hul burgerskap verloor nie.

Die Suid-Afrikaanse regering het hierdie voorstel verwerp.

Die wetgewing is juis daarop gemik om ’n einde te maak aan Suid-Afrika se reputasie as ’n werwingsplek vir huursoldate wat betrokke is by neo-koloniale konflikte.

Suid-Afrikaners is na bewering die tweede grootste groep wat vir privaat veiligheidsmaatskappye in Irak werk naas Amerikaners.

Tim Spicer, uitvoerende hoof van Aegis, is ’n voormalige sakevriend van Simon Mann, die Britse huursoldaat wat verlede week saam met vier Suid-Afrikaners vrygelaat is ná hul vonnis vir ’n mislukte staatsgreep in die olieryke Ekwatoriaal-Guinee.

 

игры для деочеклобановский политик

Maak 'n opvolg-bydrae