Skelm Clinton-kamp se gekonkel met FBI gelek

Een van Hillary Clinton se senoir amptenare het haar van vervolging probeer beskerm deur die federale speurdiens (FBI) te probeer omkoop. Dit het duidelik geword uit die jongste WikiLeaks onthullings. The FBI file on Hillary #Clinton has been updated with another 100 pages and includes handy ebook reader format https://t.co/xEt6hoPu4f — WikiLeaks (@wikileaks) October 17,

Lees verder: Skelm Clinton-kamp se gekonkel met FBI gelek

Grondwetlike krisis dreig in Hongkong

Dosyne pro-Beijing wetgewers het dié week uit Hongkong se wetgewende raad gestap om die inswering van twee pro-onafhanklikheid aktiviste te verhinder. Dit lê die grondslag vir ‘n grondwetlike krisis in die Chinees-­beheerde stad. Die onafhanklikheidsonderwerp is lank reeds taboe in die voormalige Britse kolonie wat ingevolge die een-land-twee-stelsels-beginsel regeer word sedert dit in 1997 onder

Lees verder: Grondwetlike krisis dreig in Hongkong

Gratis Telkom-data aan studente wat wil studeer

Telkom het bevestig dat hulle gratis data beskikbaar gaan stel aan studente wat weens die voortslepende betogings nie toegang tot hul studiemateriaal kan kry nie. Die maatskappy sê hy is daartoe verbind om onderwys in Suid-Afrika te steun, het RSG berig. Sommige universiteite het klas- en studiemateriaal aanlyn beskikbaar gemaak vir studente wat weens die

Lees verder: Gratis Telkom-data aan studente wat wil studeer

Groot polisieteenwoordigheid vir ‘studente-opmars’ in Pretoria

‘n Groot polisieteenwoordigheid is op Kerkplein in Pretoria ontplooi vir die opmars van swart jeugdiges oor sogenaamde “klasgelde” en “dekolonisering van onderrig” na die Uniegebou. Volgens die Tshwane metro sal 3000 swartes wat gratis toegang tot universiteite eis, en reeds miljoene rande se skade aangerig het, aan die betoging deelneem. By die Universiteit van Kaapstad,

Lees verder: Groot polisieteenwoordigheid vir ‘studente-opmars’ in Pretoria

Ontlastingsaaiers by UK vasgetrek

Die Universiteit van Kaapstad het bevestig dat die polisie vier oproeriges vasgetrek het wat met houers vol ontlasting na die kampus op pad was. ‘n Woordvoerder vir die universiteit, Elijah Moholola sê die amokmakers is by die ingang van een van die kampusse aangekeer. Vroeër is nog twee studente in hegtenis geneem nadat betogende studente

Lees verder: Ontlastingsaaiers by UK vasgetrek

Oproer tref Windhoek se kampus

Universiteit van Namibië het die eksamens wat Dinsdag moes begin, uitgestel nadat oproeriges amok gemaak het omdat hulle daarvan weerhou word om te skryf tensy hul studiegelde betaal word, het die Republikein berig. Die registrateur, Sifiso Nyati, het vroeër aangedui dat studente wat sukkel, gehelp sal word met registrasiegelde. Maar volgens Nyati het nie een

Lees verder: Oproer tref Windhoek se kampus

Klagtes oor droogte stroom in by MRK

Klagtes dat die gebrek aan water skendings van menseregte is, stroom in by die SA-Menseregtekommissie in die Vrystaat. Die kwaai droogte het damme se watervlakke tot krisisafmetings laat daal. Die Vrystaat is een van die eerste provinsies wat as droogtegebied verklaar is. Inwoners in verskeie dorpe in die provinsie se krane het intussen drooggeloop. Die

Lees verder: Klagtes oor droogte stroom in by MRK

Toeareg-vegters blok djihadistiese smokkelroete

Ondanks Franse militêre optrede in 2013 om militante Islamitiese groepe in die noorde van Mali onder beheer te bring, is die gebied steeds polities onstabiel. ‘n Aantal uitgedorde brode is al wat in die hoofbakkery van Mali se noordelike woestyndorp, Kidal, oor is. Die eienaars het die bakkery verlaat toe meelpryse verdubbel het nadat gewapende

Lees verder: Toeareg-vegters blok djihadistiese smokkelroete

Opposisie verwerp uitslag van Montenegro verkiesing

Twee opposisie-alliansies in ­Montenegro het die uitslae van Sondag se parlementêre verkiesings, waarin die eerste ­minister, Milo Djukanovic se party die meeste setels gewen het, verwerp en die regering van intimidasie van kiesers beskuldig. Djukanovic se Demokratiese Party van Sosialiste het 36 setels, vyf minder as ‘n meerderheid in die parlement met sy 81 setels

Lees verder: Opposisie verwerp uitslag van Montenegro verkiesing

Afrikaanse gebiede vaar sleg op lys van SA miljoenêrs

Hoewel Afrikaners vir die grootste deel van die twintigste eeu die land regeer het, besit hulle weinig van die land se rykdom. Dié afleiding kan gemaak word uit die jongste rykdomverslag oor Suid-Afrikaanse stede wat deur die maatskappy New World Wealth vrygestel is. By verre die rykste stad in die land – waar weinig Afrikaners

Lees verder: Afrikaanse gebiede vaar sleg op lys van SA miljoenêrs