praag.co.za

Gratis Telkom-data aan studente wat wil studeer

Written by

in

,

Telkom het bevestig dat hulle gratis data beskikbaar gaan stel aan studente wat weens die voortslepende betogings nie toegang tot hul studiemateriaal kan kry nie.

Die maatskappy sê hy is daartoe verbind om onderwys in Suid-Afrika te steun, het RSG berig.

Sommige universiteite het klas- en studiemateriaal aanlyn beskikbaar gemaak vir studente wat weens die betogings nie toegang tot die kampusse kan verkry nie.

Telkom se diens waarmee die ontvanger van die oproep die koste daarvan dra, sal studente toelaat om Telkom-simkaarte te gebruik om toegang tot ‘n universiteitswebwerf te verkry sonder dat hulle self vir die dataverbruik betaal.

Studente wat akademiese materiaal deur Telkom as internetdiensverskaffer verkry, sal ook by die gratis data baat vind.

Comments

One response to “Gratis Telkom-data aan studente wat wil studeer”

  1. Andy van Vuuren Avatar

    Nou gaan die “studente” wat nie daarvan hou nie seker vir telkom aanvat met brandstigting ens.

Leave a Reply