President Jacob Zuma het Woensdag ‘n nuwe span aangewys om Zimbabwe se sukkelende eenheidsregering te monitor en daardeur voormalige president Thabo Mbeki se bemiddelingsrol beëindig, het sy kantoor gesê. “As deel van die evaluasieproses sal die fasiliteringspan Zimbabwe besoek op ‘n datum wat nog bekendgemaak sal word,” het die presidensiële woordvoerder Vincent Magwenya gesê. “Voormalige
Irak span youtube in vir propaganda
Irak het die Withuis en die Pous se voorbeeld gevolg met die bekendstelling van sy regering se eie, amptelike youtube-kanaal. Die youtube-kanaal is aan die einde van ‘n besoek aan Bagdad deur Eric Schmidt, Google se uitvoerende hoof, onthul. Schmidt het ook planne aangekondig om historiese artefakte en dokumente uit Irak se nasionale museum met
Waternood dreig in die Suid-Kaap
Waternood dreig in die Suid-Kaap en die stadsraad van George het inwoners tot kalmte gemaan. Woensdag is op ‘n raadsvergadering besluit dat watertariewe vir nie-huishoudelike verbruikers met 50% verhoog sal word wat onmiddellik inwerking sal tree. Harold Basson, senior bestuurder: siviele ingenieursdienste van die George-munisipaliteit, het gister aan Die Burger gesê die watersituasie in George
Wilders in Turkse wildernis?
Terwyl die Europeërs nog langtand herkou aan die gedagte om Turkye lid van die Europese Unie te maak, het ‘n nuwe herrie losgebars. Turkye het met ontsteltenis kennis geneem daarvan dat die omstrede politikus, Geert Wilders, ingesluit is in ‘n afvaardiging van die Tweede Kamer wat oor die Kersreses ‘n werksbesoek aan Turkye wil bring.
Ekonomie groei maar werk nie
Die ekonomie groei weer maar sonder dat werk geskep word en dié groei beteken dalings in rentekoerse is vir eers verby. Desondanks ‘n groei van 0,9% in die bruto binnelandse produk (BBP) in die derde kwartaal wat Dinsdag deur Statistieke Suid-Afrika bekend gemaak is, bly die verlies aan poste ‘n kopseer. Tegnies gesproke is Suid-Afrika
Eufemisme van die dekade
‘n Stelling wat gereeld gemaak word is dat die regering ‘n beheptheid met middelmatigheid het. Om die vlakke van dienslewering, en in die besonder munisipale dienslewering, as middelmatig te beskryf word nie deur die werklikheid gereflekteer nie. Dis swak. Die verslae van die ouditeur-generaal oor die stand van sake in munisipaliteite is reeds genoeg bewys
Blinde dermoperasie
{jathumbnail off} объемный декор стен своими рукамиДанильченко Юрий Харьков
China stel 2 tereg vir giftige melk
Twee mans is Dinsdag in China tereggestel vir hulle aandeel in die besmette melkskandaal wat ses kinders gedood het asook die Chinese handelsmerk geskend het. Byna 300 000 kinders het verlede jaar siek geword nadat hulle van die melkformule ingekry het wat met die gifstof melamien besmet is. Toonaangewende produsent Sanlu het die melk verkoop.
Grondwet gee aan Malema ‘vryheid van spraak’
Tumi Mokwena, Julius Malema se prokureur, het in sy finale betoog voor die gelykheidshof gesê die gelykheidswet maak daarvoor voorsiening dat ware slagoffers van verkragting beskerm word en bygevoeg dat daar bevind is dat die klaer in die Zumasaak leuens kwytgeraak het. Mokwena het ook gesê dat die grondwet aan Malema die reg tot vryheid
VSA sal nie landmynverbod teken nie
Die Obama-administrasie het besluit om nie ‘n internasionale konvensie wat landmyne verbied, te teken nie. ‘n Segsman vir die staatsdepartement, Ian Kelly, het gister gesê dat die administrasie onlangs ‘n oorsig voltooi het en besluit het om nie die Bush-administrasie se beleid te verander nie. “Ons het besluit dat ons landmynbeleid in werking sal bly,”
