VSA sal nie landmynverbod teken nie

Die Obama-administrasie het besluit om nie ‘n internasionale konvensie wat landmyne verbied, te teken nie.

‘n Segsman vir die staatsdepartement, Ian Kelly, het gister gesê dat die administrasie onlangs ‘n oorsig voltooi het en besluit het om nie die Bush-administrasie se beleid te verander nie.

“Ons het besluit dat ons landmynbeleid in werking sal bly,” het hy gesê.

Meer as 150 lande het ooreengekom om die Landmynverbodverdrag se bepalings om produksie te staak, te aanvaar om die vervaardiging, gebruik, opgaar en handel in landmyne te beëindig. Benewens die VSA sluit dié wat weier o.a. Sjina, Indië, Pakistan, Mjanmar en Rusland in.

Mensregtegroepe het die hoop uitgespreek dat die Obama-administrasie die verdrag sal onderteken.

Stephen Goose, direkteur van Human Rights Watch se wapensafdeling, sê hy is verras deur die aankondiging en het dit teleurstellend genoem. Hy sê dat sy groep die administrasie aangepor het om hulle besluit te hersien, maar die administrasie het geen aanduiding gegee dat dit beplan word nie.

Die Staatsdepartement se Kelly sê dat die Verenigde State volgende week ‘n waarnemersgroep van landmyndeskundiges na ‘n hersieningskonferensie oor die verdrag in Cartegena in Colombia sal stuur.

‘n Verslag wat hierdie maand deur die Internasionale Veldtog om Landmyne te Verbied sê dat daar nog in meer as 70 lande landmyne geplant is. Dit sê ook dat myne wat per ongeluk afgesit word, ten minste  1 266 mense verlede jaar gedood en 3 891 gewond het.

 

интернет магазин одежды для новорожденныхФильчаков Александр Васильевич