China stel 2 tereg vir giftige melk

Twee mans is Dinsdag in China tereggestel vir hulle aandeel in die besmette melkskandaal wat ses kinders gedood het asook die Chinese handelsmerk geskend het.

Byna 300 000 kinders het verlede jaar siek geword nadat hulle van die melkformule ingekry het wat met die gifstof melamien besmet is.

Toonaangewende produsent Sanlu het die melk verkoop. Hulle staar tans bankrotskap in die gesig. Daar is in Januarie 21 werknemers is skuldig bevind en gevonnis vir hul aandeel in die saak.

Volgens hofstukke is Zhang Yujun tereggestel omdat hy die publiek se veiligheid in gevaar gestel het, terwyl Geng Jinping tot die dood veroordeel is vir die produsering en verkoop van toksiese voedsel.

Zhang het glo meer as 770 ton melamien proteïen poeier gelewer, waarvan meer as 600 ton tussen Julie 2007 en Augustus 2008 verkoop is.

Geng het meer as 900 ton besmette melk verkoop, het hofdokumente aangetoon. Tian Wenhua, Sanlu se gewese algemene bestuurder en die vrou wat skynbaar vir die tragedie verantwoordelik is, is slegs lewenslange tronkstraf opgelê.

Sanlu-beamptes het reeds vroeg in Augustus bewus geraak van die melamien, maar het die publiek eers teen middel September daaroor ingelig, weens die Beijing Olimpiese spele.

Melamien, wat nierstene kan veroorsaak, word gebruik vir die maak van plastiek, kunsmis en beton. Die hoë stikstofinhoud daarvan veroorsaak dat proteïenvlakke hoër vertoon wanneer dit by melk of veevoer bygevoeg word.

 

пескоструйданильченко юрий брониславович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae