Tshwaing-munisipaliteit gebruik skadelike swembadchloor

Die Tshwaing-munisipaliteit gebruik glo swembadchloor in die rioolwerke.

Dit het aan die lig gekom dat die stadsraad nou ʼn desperate poging aanwend om rioolbesoedeling op Sannieshof te beperk, en op groot skaal swembadchloor aankoop om in die rioolwerke te gebruik.

Alhoewel e-coli besmetting met chloor bestry moet word, is slegs sekere chloor-produkte deur die Departement van Waterwese en Omgewingsake goedgekeur vir gebruik in drinkwater. Swembadchloor bevat bymiddels wat nie geskik is vir gebruik in drinkwater nie.

Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, het in ʼn skrywe aan die munisipaliteit geëis dat ʼn onderneming gegee word dat die gebruik van swembadchloor gestaak sal word en slegs produkte wat vir gebruik in drinkwater goedgekeur is, voortaan gebruik sal word.

Indien die onderneming nie gegee word nie, sal die hooggeregshof op ʼn dringende basis om hulp genader word.

детскии интернет магазинАлександр Фильчаков

Limpopo-polisieman vir veediefstal gevang

'n Polisiesersant is Donderdag in verband met veediefstal in hegtenis geneem, het die Limpopose polisie gesê.

Die polisieman is na bewering lid van 'n sindikaat wat beeste in die Nylstroomgebied steel, het die provinsiale veediefstalsuperintendent Alpheus Mokale gesê.

"Hy is die meesterbrein… 16 beeste is gesteel."

Die polisieman gaan vandag in die Magatle-landdroshof naby Zebediela verskyn waar hy met sy twee medepligtiges aangekla gaan word.

In 'n afsonderlike voorval, het Mokale gesê die polisie het 21 beeste in Maja teruggekry en het 'n beroep op boere wat vee vermis gedoen om hulle te kom uitken.

пусковое устройство для автомобиляданильченко юрій броніславович

Afriforum monitor Hlope-verhoor

Die burgerregte-inisiatief AfriForum het Woensdag die verrigtinge van die Regterlike Dienskommissie se voorlopige ondersoek na regter John Hlophe in Johannesburg bygewoon om die proses te monitor.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sal die geloofwaardigheid van die regbank ernstig in gedrang wees indien die klagtes dat Hlope onregmatig gepoog het om regters van die Konstitusionele Hof in die Zuma-saak te beïnvloed, ook onder die mat gevee word. Die regbank vorm volgens Kriel ʼn belangrike hoeksteen ter beskerming van burgers se regte en daarom moet regters ten alle tye bo verdenking optree.

“Hlope het in die verlede al té veel keer daarmee weggekom dat bewerings van wangedrag wat teen hom gemaak is, onder die mat gevee is, sonder dat die bewerings behoorlik ondersoek is,” het Kriel gesê.

Kriel het onder meer verwys na die bewerings in 2005 dat Hlope sou gesê het dat hy die Mikro-skoolhofsaak spesifiek aan regter Wilf Thring toegeken het, omdat hy (Hlope) geweet het Thring sou die saak “opf#k” en dat die saak dan op appèl reggestel sou word. In dieselfde jaar het ʼn Kaapse prokureur, Joshua Greeff, beweer Hlope het hom ʼn “white sh#t” genoem.

Die latere aanduidings dat Hlope ook betalings van die Oasis-maatskappy ontvang het, terwyl hy ʼn besluit moes neem of Oasis kon voortgaan om regstappe teen regter Siraj Dessai te neem, moes volgens Kriel met baie groter erns deur die Regterlike Dienskommissie hanteer gewees het.

игры девочкамtopcargo отзыв

Clinton wil verhoudinge met SA struktureer

Suid-Afrika en die VSA gaan volgende week vergader tydens die besoek van Hillary Clinton aan die land om 'n bilaterale forum op te stel.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking se direkteur-generaal dr. Ayanda Ntaluba het gesê Clinton sal op 6 Augustus in Suid-Afrika aandoen nadat sy haar toer in Kenia afskop. Sy sal sewe lande in Afrika besoek.

Sy sal haar eweknie Maite Nkoana-Mashabane ontmoet om oor bilaterale verhoudinge te praat.

Onder presidente Nelson Mandela en Bill Clinton het daar 'n aktiewe binasionale kommissie bestaan, maar die afgelope agt jaar was daar 'n bewuste besluit van die Bush-administrasie om 'n meer informele struktuur te vestig, volgens Ntsaluba.

"Die twee ministers sal volgende week ontmoet om te besluit watter soort struktuur hulle onder 'n nuwe administrasie wil hê. Hulle mag dalk nie na 'n binasionale kommissie kyk soos dit voorheen opgestel was nie, maar dit sal nietemin iets baie gestruktureerd wees."

Ntaluba het bygevoeg dat Nkoane-Mashabane Clinton ook sal inlig oor gebeure in Zimbabwe en Madagaskar.

Clinton sal behalwe Kenia en Suid-Afrika ook Angola, die DRK, Nigerië, Liberië, en KaapVerde besoek.

 
Ntsaluba het ook op die vooraand van die Amerikaanse besoek aangedui dat indien pres. Omar Hassan al-Basjir van die Soedan Suid-Afrika sou aandoen, hy in hegtenis geneem sal word.
 
Die internasionale strafhof het in Maart vanjaar ’n lasbrief vir die inhegtenisneming van die Soedanse staatshoof uitgereik.
 
Suid-Afrika het die Statuut van Rome, wat die strafhof tot stand gebring het, onderteken maar omdat die AU sy samewerking aan die hof opgeskort het, is Suid-Afrika ook daartoe verbind.
 
Oeganda en Botswana, albei onder die invloed van die VSA, het aangedui dat hulle ten spyte van die AU se posisie met die hof sal saamwerk. 
 

дом игрушеклобановский александр отзывы

Staatsdiensstaking al hoe meer waarskynlik

Die regering het nog nie ’n mandaat vir ’n salarisaanbod op die tafel nie en staatsamptenare se salarisverhoging moes al op 1 Julie in werking getree het.

Manie de Clercq, adjunkhoofbestuurder van die Public Servants’ Association, het gister gesê: "As dit teen dié trant aangaan, word die moontlikheid van ’n staatsdiensstaking al hoe groter."

Ook Chris Klopper, hoofbeampte van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), het gesê onderwysers en amptenare is kwaad omdat hul werkgewer nie antwoord op hul eis van ’n 15%-salarisverhoging nie.

Die meerderheid van SAOU se eens gematigde lede het reeds aangedui dat hulle vanjaar sterker arbeidsoptrede beplan.

Niks het nog gekom van die 21 vergaderings wat van 1 Julie tot gister in die staatsdiens se koördinerende bedingingsraad (PSCBC) beplan was waartydens die partye oor amptenare se salarisse moes onderhandel en dit finaliseer nie.

Al die vakbonde het twee maande gelede hul salariseis vir ’n 15%-verhoging by die PSCBC ingedien. 

справка освобождениелобановский политик

Metropolisie help motors steel

Twee Tshwane-metropolisielede is saam met 'n motordief en nog ’n verdagte aangekeer, nadat een openlik saamgery het in die gesteelde motor.

Die dief het doodluiters in 'n VW Golf wat pas afgelaai is by 'n handelaar in die Ooste van Pretoria geklim, dit aangeskakel en ’n paar meter weggery. Hy het daarna ’n sersant van die Tshwane-metropolisie in sy uniform, opgelaai. Hulle het ’n entjie gery, waarna die metropolisielid weer afgelaai is.

Die metropolisielid het na sy ritjie na sy metropolisievoertuig geloop, na ’n vroulike metropolisielid, in uniform, wat in die voertuig gesit en wag het.

Daarna het die metropolisielede saam met die man in die gesteelde motor na ’n woonstel in die Pretoriase middestad gery.

’n Neef van die sersant het die hek by aankoms vir die dief oopgemaak. Volgens 'n woordvoerder van die Metroraad het die polisie inligting oor die diefstal ontvang en die dief en die metropolisielede tot by die woonstelblok gevolg.

Die metropolisielede en gearresteerde mans is vermoedelik deel van ’n motordiefstalsindikaat.

Die metropolisielede en twee mans sal binnekort in die hof verskyn.

apk gratisФильчаков прокурор отзывы

Nuwe polisiehoof is partydig s? opposisie

Sommige opposisiepartye het die aanstelling deur president Zuma van Bheki Cele as nasionale polisiekommissaris gekritiseer en gesê hy het geen misdaadbekampingsrekord om oor te spog nie. Daarbenewens voel hulle dat Cele net nog 'n politieke aanstelling is.

Cele is tans die KwaZulu-Natalse LUR vir gemeenskapsveiligheid en -skakeling. Hy sal op 2 Augustus sy nuwe pos aanvaar.

Die Kongres van die Mense, Cope, het Cele van partydigheid beskuldig in die onlangse geweld in KwaZoeloe-Natal en dat hy nooit gepoog het om die neutraliteit van die SAPD te handhaaf nie.

Die IVP het gesê die toekoms van die Valke is onder verdenking aangesien hulle nooit polities onafhanklik sal wees nie en nooit die sukses van die Skerpioene sal kan ewenaar nie.

Die DA het Cele aan 'n paar van sy ongelukkige opmerkings herinner. Cele het 'n man 'n rassis genoem nadat hy gekla het oor Cele se blouligkonvooi teen 160km per uur op 'n openbare pad voortsnel, asook die "skiet om dood te skiet" sinsnede.

Die nuwe polisiehoof het die opmerking Woensdag verdedig deur te sê die Strafwet van 1977 stipuleer dat polisielede geregtig is om dodelike mag aan te wend indien hulle bedreig word.

Bantu Holomisa van die UDM het gesê Selebi se aanstelling het bewys dat 'n burgerlike nie die polisie moet lei nie want dit is sleg vir die moraal.

Die Vryheidsfront Plus het gesê die aanstelling wys dat Zuma totale politieke beheer oor die polisie wil behou en dit laat rooi gevaarligte flikker.

Hulle het voorgestel dat Cele uit al sy ANC-poste bedank sodat die polisie nie verder gepolitiseer word nie.

Die SAKP het die aanstelling verwelkom en gesê Cele sal op die voorpunt van misdaadbekamping in sy provinsie wees. Die ID het ook sy aanstelling geprys en gesê dit sal die belastingbetaler heelwat geld spaar om 'n polisiehoof te hê wat werk en nie soos die vorige een op langverlof sit en niks doen nie.

1 euro depositФильчаков прокурор харьков

Geweld oor dienslewering duur voort

Geweld oor dienslewering teister Suid-Afrika steeds. Ontevrede inwoners het in twee plekke weereens in opstand gekom teen swak dienslewering.

In Tokoza, aan die Oos-Rand, het inwoners Dinsdag polisievoertuie onder die klippe gesteek en vullis rondgestrooi. Die polisie moes van rubberkoeëls gebruik maak om hulle uiteen te jaag.

’n Groep van 200 inwoners van die Tokoza-hostel het vroegoggend na die munisipale kantore opgeruk. Hulle het gewelddadig begin raak omdat die kantore gesluit was.

“Die mense is van dié kantore terug na hul hostel waar hulle die polisie met klippe aangeval het. Ons beamptes moes rubberkoeëls skiet om die groep uitmekaar te dryf,” het kapt. Godfrey Maditsi, polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens Sapa het die situasie ná die skietery kalm geraak en teen laat gistermiddag was alles terug na normaal.

Die inwoners is ontstoke oor huise, toilette en kragtoevoer wat hulle beloof is en nie gelewer is nie.

Volgens Maditsi is niemand beseer nie en niemand ook in hegtenis geneem nie. Hy sê die polisie sal egter die gebied bly patrolleer.

Die betoging volg op dié van verlede week waar drie mense beseer is toe die polisie met rubberkoeëls op sowat 400 betogers losgebrand het.

In Mpumalanga, in die Simile-lokasie naby Sabie, het sowat 500 inwoners Dinsdag amok gemaak. Hulle het 'n biblioteek en munisipale voertuie aan die brand gesteek. 'n Polisieman is in die geweld beseer.

Twee munisipale trekkers, 'n brandweerwa, 'n bakkie en 'n trok is uitgebrand volgens superintendent Abie Khoabane.

Die polisie moes ook van rubberkoeëls gebruik maak. Inwoners is woedend omdat hulle griewe, wat twee weke gelede by die munisipale kantore oorhandig is, nog nie aandag van die owerhede geniet het nie.

материал длялобановский харьков класс

Afgedankte kry administrateurspos

Mojalefa Matlole, die administrateur wat aangestel is om die Ngaka Modiri Molema-distriksmunisipaliteit (Lichtenburg, Ottoshoop, Mafikeng) in Noordwes sogenaamd reg te ruk, is die afgedankte munisipale bestuurder van die Mangaung-munisipaliteit wat steeds teregstaan op aanklagte van rampokkery.

Hy het in Mei saam met 18 medebeskuldigdes in die Vrystaatse hooggeregshof verskyn op onder meer twee aanklagte van rampokkery wat spruit uit ’n ondersoek na Mangaung (Bloemfontein, Thaba Nchu en Botshabelo) se finansies.

Hy verskyn weer op 9 Desember in die hof in die strafsaak teen hom.

Chris Hattingh, DA-leier en LPW in Noordwes, het gesê dit is skandalig om Matlole aan te stel om administrateur te wees van ’n munisipaliteit wat deurspek is met bedrog, korrupsie, wanbestuur en wanbesteding.

Die provinsiale regering is glo bewus daarvan dat die aanstelling kritiek kan ontlok maar Matlole se woordvoerder sê die administarteur is onskuldig totdat hy skuldig bevind word.

Matlole is in 2006 ná ’n tugverhoor afgedank nadat hy op 72 klagte van bedrog en korrupsie skuldig bevind is.

free online casinoФільчаков прокурор

Krothuise in Luanda platgestoot vir sokker

Tweehonderd Angolese het Dinsdag buite die parlement betoog teen die vernietiging van hulle huise. 'n Nie-regeringsorganisasie sê die stap het 15 000 mense sonder 'n dak oor hulle koppe gelaat.

Volgens ooggetuies het die die polisie die skare wat geskree het 'gee ons ons huis terug' gou uiteengejaag. Regeringsministers binne die parlementsgebou was nie bewus van die gebeure buite nie.

SOS Habitat sê 3 000 huise is platgestoot oor die afgelope paar dae in die suidelike deel van die hoofstad Luanda en 15 000 mense waaronder talle kinders is dakloos. Die organisasie sê dit is 'n menseregteskending omdat die slagoffers nie nuwe tuistes gegee is nie.

Die vernietiging van die huise is die jongste in 'n reeks vasvataksies deur die plaaslike regering om "anargistiese" nedersettings te tem. Gedurende die oorlog het talle die platteland verlaat om hulle in Luanda te vestig.

Die gebied wat tans geteiken word, staan bekend as Irak en Bagdad en is naby die stadion wat vir die 2010 Afrikabeker van Nasies beplan word. Amptenare sê die grond is in "openbare belang" opsy gesit.

Die betoging het waarnemers verbaas in 'n land waar die regering en polisie nouliks uitgedaag word.

Ten spyte van Angola se olierykdom, leef meer as tweederdes van die bevolking in volslae armoede op minder as twee dollar per dag en meer as die helfte het geen toegang tot sanitasie nie.фильтр влагоотделитель для сжатого воздухаФильчаков прокурор