Land sonder Insig
FW het die land opgeasteriskasterisk. So sê Nina Overton-de Klerk sê haar veertienjarige seun sê ‘n ongepoetste Afrikanerseun vir hom by sy “gewone Afrikaanse staatskool.” Haar presiese woorde, wat drup van die konvensies van selfgeregverdigte Afrikaner liberalisme, is: “Daarteenoor het my veertienjarige seun (in ’n gewone Afrikaanse staatskool), onlangs beleef dat ’n mede-leerling vir hom, geaksentueer met die middelvingerteken, gesê het: ‘Gaan sê vir jou Oom (FW) hoe hy die land opgef** het.’ Gevolg deur al daai soort van beskuldigings oor hoe die land aan swart mense oorgegee is, ensovoorts.”
Ons word met hierdie gruwelstaaltjie bedien in Ta’ Nina se geveinsde, aanstellerige rubriek oor die aanstellerigheid van geveinsde Afrikaners. Hierdie letterkundige aanbieding van haar sal weliswaar nie deur die gemiddelde leser onthou word teen die tyd wat hy verbygeblaai het tot by die sportblad nie, maar dit hét ‘n nut. Ons kan dit as ‘n soort lakmoespapiertjie gebruik wat presies wys hoe kalkerig die grootste Afrikaanse koerantgroep ter wêreld die grond gemaak het waarin hy spit.

Lees verder: Voor ons o?, Naspers, die monster wat sy eie voete eet