Op 28 April 2008 breek onluste uit in Mogadisho. Duisende Somaliërs, waaronder baie vroue en kinders, hardloop in protes deur die strate, breek winkeldeure af, en beskuldig verbouereerde handelaars van uitbuiting. Ten minste vyf mense sterf in die onluste toe die Somaliese weermag en gewapende handelaars met van die skare oproeriges slaags raak.
Nog ‘n dag in Afrika? Of nie? In Haïti eet mense modderkoekies. Dit word gebak uit ‘n eetbare geel modder wat uit Haïti se sentrale plato gegrawe word. In die land se Cité Soleil-krotbuurt bak mense soutkoekies uit ‘n mengsel van grond, sout en kookolie. Die geel modderkoekies, en die modder soutkoekies, is ook nie gratis beskikbaar nie. Dit word verkoop teen ongeveer vyf per rand en veroorsaak nie net wanvoeding nie, maar dra ook parasiete oor aan mense wat dit eet.


Wiskunde en wetenskap is te moeilik en veeleisend, meen Suid-Afrikaanse skoolleerlinge. Meer as 60% van die 7 000 leerlinge wat aan 'n opname deur Mark Shuttleworth se stigting deelgeneem het, meen dit is waarom Suid-Afrika se wiskunde- en wetenskappunte so laag is vergeleke met ander lande.
Volgens ʼn studie wat so pas deur die Instituut vir Sekerheidstudies in Pretoria vrygestel is, is Suid-Afrikaners nou meer vreesbevange oor misdaad as ooit tevore. Dít, in weerwil van polisiestatistieke wat sou toon dat misdaad aan die afneem is.
Dit lyk asof die OTM-ontploffing gebeur het in uitbreiding 22 by Food Zone, Secunda, waar jy met die trappe opgaan na die uniekantoor. Tydens die bewind van dr. H.F. Verwoerd sou hierdie terroriste van sabotasie aangekla gewees en gehang het.