ANC gelukkig om van Skerpioene ontslae te raak

Die ANC het gister die Skerpioene beskuldig van ernstige oortredings van die grondwet en die regstaat.

Die ANC se voorlegging om die Direktoraat vir Spesiale Operasies te ontbind, is deur Siphiwe Nyanda gedoen.

Hy het gesê die Skerpioene het die veiligheidsbelange van die land en sy burgers gekompromitteer.

Die ANC het ook herhaaldelik kwessies geopper aangaande die eenheid se skakeling met buitelandse inligtingstrukture, wat 'n oortreding van die grondwet en nasionale wetgewing is.

Hy sê die mediagedrewe, Hollywoodagtige operasies het as primêre oogmerk die vernedering van individue gehad eerder as om hulle te vervolg.

Nyanda sê dit is eienaardig dat politieke partye anderpad kyk as dit by die Skerpioene se ernstige oortredings van die grondwet en regstaat kom.

bet online freeАлександр Фильчаков

Inbraak by Malema se motor

Die president van die ANC-jeugliga Julius Malema het 'n misdaadslagoffer geword aangesien daar gisteroggend by sy garage by sy deftige huis in Sandton ingebreek is.

'n Woordvoerder van die Johannesburgse polisie, Inspekteur Moses Maphakhele, sê 'n onbekende aantal mans het die erf van Malema betree en die kattebak van sy Mercedes E-klas oopgebreek.

'n Handsak wat sy paspoort, identiteitsdokument en bankkaarte bevat, is gesteel.

Die huis self is nie by ingebreek nie en geen inhegtenisnames is nog gemaak nie.

Die ANC-jeugliga het die inbraak by sy president se woning verwerp en dit as 'n lafhartige daad beskryf.

wedding hairДанильченко

Twee OTM-rowers gedood

Twee OTM-rowers is gisteroggend deur die polisie doodgeskiet in 'n skietgeveg in Klipgat, Mabopane, noord van Pretoria.

Volgens polisiedirekteur Phuti Setati, is die verdagtes verbind met die ontploffing by 'n OTM Donderdag by Majarengstat naby Klipgat.

Hy sê die polisie het inligting ontvang en het die verdagtes agtervolg na 'n huis in Klipgat. Die rowers het begin skiet en die polisie het hul vuur beantwoord, twee gedood en vier in hegtenis geneem.

Die polisie het beslag gelê op 'n AK-47-aanvalsgeweer, drie pistole, plofstof, 'n groot bedrag geld en 'n voertuig wat vermoedelik gesteel is.

Die verdagtes kan moontlik met ander misdade in die omgewing ook verbind word.

насос для воды погружнойФильчаков прокурор харькова

Staat trek aanklagte teen buitelanders terug

Die staat het aanklagte teruggetrek teen 'n groot groep buitelandse mans wat in hegtenis geneem is omdat hulle twee weke gelede langs die kant van die R28 in Johannesburg gekampeer het.

Die meer as 200 mans hetgister in die Krugersdorpse landdroshof verskyn.

Die polisie is vir hul selektiewe geregtigheid gekritiseer omdat hulle net mans gearresteer het en die vroue wat dieselfde oortreding gepleeg het, gelos het.

Die Menseregtekommissie het die staat veroordeel omdat hulle vir twee weke op 'n geringe klag in die tronk aangehou is.

Die immigrante was vir 'n week langs die pad nadat hulle uit 'n vlugtelingkamp gesit is.

Landdros Erina Breedt het gesê die staat het om humanitêre oorwegings sy saak laat vaar.

Die immigrante, wat meesal van die DRK en Boeroendi afkomstig is, het geweier om na die Lindela-repatriasiesentrum terug te keer.

домики для кукол купитьлобановский харьков класс

Die Regsvereniging van Suid-Afrika is bekommerd

Die Regsvereniging van Suid-Afrika het sy uiterste kommer uitgespreek oor die aanval op hoofregter Pius Langa.

Die vereniging het gister 'n verklaring uitgereik waarin hulle die aanvalle op die hoofregter, die grondwethof, ander lede van die regbank en regsinstellings betreur.

Sulke aanvalle ondermyn die legitimiteit van die regbank, die howe en demokrasie en is onhoudbaar, het die liggaam gesê.

Die regstelsel kan nie doeltreffend werk sonder openbare vertroue nie.

Langa en die grondwethof word daarvan beskuldig dat hulle deel is van 'n politieke komplot om ANC-president Jacob Zuma te saboteer.

Die ANC se nasionale sekretaris, Buti Manamela, het Langa se uitsprake oor Zuma as uiters giftig bestempel.

игрушечный поездлобановский супермаркет класс

Waterkloof-vier verloor hul app

Drie van die Waterkloofviermoordenaars sal binne 7 dae begin om hul 12-jaartronkstrawwe uit te dien.

Die vierde, Christoff Becker, sal sy stryd om uit die tronk te bly tot in die Grondwethof voortsit.

Hul aansoek om appèl in die Hooggeregshof  vir Appèl is gister geweier.

Becker het van die res van die groep weggebreek deur argumente in die Appèlhof voor te lê wat insluit dat hy nie 'n regverdige verhoor ontvang het nie.

Hy het gevra dat hy weer verhoor word, maar sy versoek is gister deur twee regters geweier.

дитячи играшкилобановский александр дети

Mbeki oorweeg regstappe teen Sondagkoerant

Image

Mbeki

President Thabo Mbeki oorweeg regstappe teen die Sunday Times.

Die koerant het Sondag verdoemende bewerings gemaak dat Mbeki R30 miljoen van 'n Duitse maatskappy ontvang het om 'n duikbootkontrak te waarborg.

Die minister in die presidensie, Essop Pahad, het aan 'n mediakonferensie in Pretoria gesê dat die presidensie kategories ontken dat Mbeki enige geld ontvang het om die transaksie te fasiliteer.

Die minister van openbare ondernemings Alec Erwin het ook die media gekritiseer oor wat hy die absurde aantygings rondom die wapenskandaal noem.

Erwin het verder die media gemaan om die ouditeur-generaal se verslag oor die saak te lees.

сауныалександр лобановский супермаркет класс

VN-gesant kom aan vir Zim-samesprekings

ImageDie VN-gesant Haile Menkerios het gister na Suid-Afrika teruggekeer om die samesprekings oor Zimbabwe se politieke krisis te monitor.

Menkerios, die VN se assistent-sekretaris-generaal vir politieke aangeleenthede, sal Pretoria en daarna Zimabwe besoek vir raadpleging alvorens hy dié naweek na New York terugkeer.

Menkerios dien as die VN-hoëvlakverteenwoordiger in 'n verwysingsgroep.

Die groep sluit die Afrika-Unie en 'n paneel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in.

Dit is opgerig om Suid-Afrikaanse bemiddelaars by te staan en om gereelde inligting oor vooruitgang te verskaf.

паркетная доска как выбратьлобановский александр жена

Reitz-studente gaan vervolg word

Die vier blanke studente wat die omstrede Reitz-video op die Kovsiekampus gemaak het, gaan vir crimen injuria vervolg word. Die direkteur van openbare vervolgings het besluit om met die saak voort te gaan.
 
Die Reitz-koshuis is intussen gesluit en die universiteit gaan vier miljoen rand aan 'n diversiteitsinstituut bestee om studente te herprogrammeer om korrek te dink.

Danie Grobler, Johnny Roberts, Schalk van der Merwe en RC Malherbe sal in die landdroshof aangekla word en die swart skoonmaaksters wat aan die video deelgeneem het, gaan teen hulle getuig. Die hof sal waarskynlik moet besluit of die skoonmaaksters vrywillig aan die

maak van die video deelgeneem het.
 
{mosbanner:id=38}
 
Maar in 'n ander geval gaan tien swart studente op dieselfde kampus wat vir kwaadwillige saakbeskadiging in die naloop van die Reitz-video in hegtenis geneem is nie vervolg word nie. Volgens die polisie kan dié studente nie positief met die skade verbind word nie.

Nog 28 swart studente wat 'n hofbevel in Maart verontagsaam het deur op die kampus te betoog, sal ook nie deur die openbare vervolgingsdirektoraat vervolg word nie.

игрушка fisher priceлобановский александр отзывы

Zuma dreig om alles uit te lap

Jacob Zuma het belowe dat hy staatsamptenare gaan ontbloot indien die staat volhard om hom vir beweerde korrupsie in die multimiljardrandwapentransaksie te vervolg.
 
Toe hy aan die einde van sy tweede dag in die hof gepraat het, het Zuma gesuggereer dat hy die volle waarheid sal praat.

Die skare het op hul beurt "dertig miljoen" geskree. Dertig miljoen rand is die beweerde som wat president Mbeki van 'n Duitse wapenhandelaar ontvang het.

Terwyl hy die ongeveer 2 000 mense buite die hofgebou toegespreek het, het Zuma die media kwalik geneem omdat hulle hom van uitsteltaktiek beskuldig.

Hy het sy volgelinge in Zoeloe toegespreek en gesê hy is net besig om sy grondwetlike regte uit te oefen.

Volgens hom is hy ook in 1963 verkeerdelik vervolg, gevonnis en vir tien jaar tronk toe gestuur.

Zuma-ondersteuners het 'n foto van Mbeki by die byeenkoms aan die brand gesteek.

how to promote a businessФильчаков