Reitz-studente gaan vervolg word

Die vier blanke studente wat die omstrede Reitz-video op die Kovsiekampus gemaak het, gaan vir crimen injuria vervolg word. Die direkteur van openbare vervolgings het besluit om met die saak voort te gaan.
 
Die Reitz-koshuis is intussen gesluit en die universiteit gaan vier miljoen rand aan 'n diversiteitsinstituut bestee om studente te herprogrammeer om korrek te dink.

Danie Grobler, Johnny Roberts, Schalk van der Merwe en RC Malherbe sal in die landdroshof aangekla word en die swart skoonmaaksters wat aan die video deelgeneem het, gaan teen hulle getuig. Die hof sal waarskynlik moet besluit of die skoonmaaksters vrywillig aan die

maak van die video deelgeneem het.
 
{mosbanner:id=38}
 
Maar in 'n ander geval gaan tien swart studente op dieselfde kampus wat vir kwaadwillige saakbeskadiging in die naloop van die Reitz-video in hegtenis geneem is nie vervolg word nie. Volgens die polisie kan dié studente nie positief met die skade verbind word nie.

Nog 28 swart studente wat 'n hofbevel in Maart verontagsaam het deur op die kampus te betoog, sal ook nie deur die openbare vervolgingsdirektoraat vervolg word nie.

игрушка fisher priceлобановский александр отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae