Plaasmoorde? Niks persoonliks nie.

Hendrik Verwoerd het die grootste opheffingsprojek van stapel gestuur wat Suid-Afrika nog ooit gesien het. –Jan Botha. Verwoerd is dead.  Nou die dag laai ek ‘n interessante artikel van die internet af. Dit is die vertroulike “Kissinger Report” uit 1975, wat eers in 1989 deur die Withuis vrygestel is. Die sentrale betoog in hierdie verslag

Lees verder: Plaasmoorde? Niks persoonliks nie.

Probleme soos sprinkaanplae

Soos opeenvolgende sprinkaanplae wat die land verteer. Die profeet Joël het so na die lot van sy land verwys nadat ‘n korrupte samelewing aan die orde van die dag geword het. Vier sprinkaanswerms het op die land toegesak en alles verteer. Die leier van die Christen-Demokratiese Party het ook dié vergelyking gebruik toe hy die

Lees verder: Probleme soos sprinkaanplae

Suid-Afrikaners gestrand in Mosambiek ná voedselonluste

Honderde Suid-Afrikaners is vasgevang in onluste wat Mosambiek  tans teister en hulle is gedwing om hul verblyf in die land te verleng. ‘n Hele aantal hotelle in Maputo sukkel om diegene wat gestrand is te akkommodeer. Verskeie mense is dood toe die polisie op onlusmakers losgebrand het wat betoog oor stygende voedsel-, water- en elektrisiteitspryse

Lees verder: Suid-Afrikaners gestrand in Mosambiek ná voedselonluste

Die omskop van ‘n holgevrete Afrikaans

Afrikaans se grootste bedreiging kom van binne, meen prof. Hans du Plessis, direkteur van die ATKV se skryfskool in Potchefstroom. Du Plessis ontken nie die bedreiging vanuit die geledere van die regering en ANC nie, maar meen dit is veel makliker om ‘n boomstomp om te skop wat van binne holgevreet is. Hy gebruik die

Lees verder: Die omskop van ‘n holgevrete Afrikaans

Motornywerheidstaking begin

Lede van die Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika (Numsa), wat by vulstasies, werkswinkels en motorhandelaars werk, het vandag begin staak, het ‘n vakbondwoordvoerder gesê. “Niks het verander nie. Die staking gaan voort,” het Numsa se woordvoerder Castro Ngobese aan die Suid-Afrikaanse Persassosiasie gesê. Hy het verklaar dit is onmoontlik om te sê hoeveel lede

Lees verder: Motornywerheidstaking begin

Stakers se boodskap aan die ANC-elite

Die huidige stakinglus van die NSA se werkerskorps is besig om ‘n crescendo te bereik, en reeds is daar vele teorieë oor die oorsprong en werklike rede vir die staking. Hierdie staking dreig om ‘n ander kleur en karakter te hê, as vorige jare s’n. Augustus en September is tradisioneel stakingstyd, en dus verwag mens

Lees verder: Stakers se boodskap aan die ANC-elite

Hamilton wen in ‘n papnat België

Die Britse en voormalige wêreldkampioen Lewis Hamilton het ‘n papnat Spa ingepalm. Sy spanmaat en huidige kampioen Jensen Button het weens ‘n ongeluk met die Duitser Vetel sy kanse om die titel hierdie jaar weer te wen ‘n knou gegee. Fernando Alonso, wat die afgelope paar wedrenne weer na die ou Alonso gelyk het, het

Lees verder: Hamilton wen in ‘n papnat België

Gekoring agter die stuurwiel

Die Wes-Kaapse departement van vervoer het pas die kwessie van dronkbestuur, en die probleme wat dit teweeg bring, onder die aandag gebring. Sover vanjaar is 2 000 mense in dié provinsie vir dronkbestuur gearresteer, waarvan 96 die afgelope naweek. Altesaam 296 mense het dié jaar reeds op die provinsie se paaie die lewe gelaat, terwyl

Lees verder: Gekoring agter die stuurwiel

Die vreemde geval Bees Roux

Daar is ‘n groot, groot slang in die gras met die vermeende aanval op die metropolisielid deur die Blou Bul-speler, Bees Roux. Schoemanstraat in Pretoria, vir diegene wat nie weet nie, is ‘n eenrigting van wes na oos weg van die middestad. Roux is op die hoek van Festival- en Schoemanstraat voorgekeer agv beweerde dronkbestuur.

Lees verder: Die vreemde geval Bees Roux

Vrae rondom Bees Roux

‘n Bloubul-rugbyspeler is gister R100 000 borgtog toegestaan deur die Pretoriase distrikshof, nadat hy na bewering ‘n metropolisieman doodgeslaan het. Stephanus Jacobus “Bees” Roux het die naweek in die tronk deurgebring nadat hy Vrydag in hegtenis geneem is ná die moord op die Pretoriase metropolisiebeampte Ntshimane Johannes Mogale, 38. Hy is van plan om onskuldig

Lees verder: Vrae rondom Bees Roux