Regering se teenmisdaadstrategie is mislukking volgens verslag

Die regering se misdaadvoorkomingsstrategie het misluk omdat die regering nie die onderliggende oorsake van misdaad aanspreek nie, aldus 'n verslag van die Instituut vir Sekerheidstudies wat Woensdag vrygestel is.

Johan Burger, 'n senior navorser, het by 'n seminaar oor die staat se reaksie op misdaad gepraat, en het volgehou dat die strategie van die staat misluk het.

Hy het gesê dit was as gevolg van die feit dat die staat nie sosio-ekonomiese probleme soos werkloosheid, armoede, en die afwesigheid van voldoende sosiale dienste, wat beskou word as die grootste bedreiging vir nasionale sekuriteit, deel van die strategie gemaak het nie.

"Indien daar 'n nasionale bedreiging is, hoekom nie 'n nasionale strategie nie?" het Burger gesê.

"Dit wys dat die regering nie optree binne die terme van sy konstitusionele mandaat nie."

Hy het gesê die teleurstellende gebrek aan vertroue, toewyding en ondersteuning om die nasionale misdaadvoorkomingsveldtog (NMV) te implementeer was sy ondergang.

Hy het gesê dat terwyl daar 'n positiewe afwaartse neiging in misdaad was, was die daling in 2005/2006 kleiner as in 2002/2003. Dit laat geregverdigde kommer ontstaan oor hoekom dit afgeneem het, gesien in die lig dat die polisiemag gegroei het in getalle.

Hy het wel gesê dit is nie 'n vreemde verskynsel wat uniek is aan Suid-Afrika nie. "Dit is nie net die polisie se skuld nie, en hoe gouer ons dit besef hoe beter. Dit bewys ook dat net om meer polisie aan te stel nie die probleem gaan oplos nie."

Hy het gesê dat die polisie beweer dat die meeste moorde en sosiale kontakmisdade, wat wel afgeneem het maar steeds hoog bo die internasionale norm is, gepleeg word deur mense wat aan die slagoffers bekend is.

Volgens die polisie, gebeur 'n redelike groot hoeveelheid van die misdade in wonings, normaalweg buite bereik van konvensionele polisiëring.

"Dit impliseer dat die polisie baie min, indien enige iets, kan doen om dié spesifieke tipe misdaad te voorkom," het Burger in die verslag gesê.

Die uitfasering van kommando's het ook 'n groot sekuriteitsvakuum gelaat.

Senior navorser Henri Boshoff het gesê dit is kommerwekkend dat die kommando's toegemaak is op plekke waar daar amper geen plaasvervanger in plek was nie.

"Landelike gebiede veral is baie kwesbaar gelaat, gesien in die lig van die belangrike rol wat kommando's gespeel het in die veiligheid en landelike beskermingsplan, wat rondom kommando's gebou is, en vir alle praktiese doeleindes nou nutteloos is."

Hy het gesê dat in terme van die regering se beloftes om personeel te verhoog, het hulle oor die laaste 5 jaar sowat 30 000 mense aangestel.

"Vir sover dit ander aspekte van die vervangingsbeloftes betref, het die regering direk of indirek misluk om sy beloftes na te kom," het Boshoff gesê.

Hy het gesê dit is nie 'n geval van om weer die kommando's weer in te stel nie, maar sektorpolisiëring, wat indien dit reg toegepas word, die sekuriteitsgaping kan vul.

Grensbeheer was nog 'n voorbeeld van "totale mislukking".     

купить лежаки и сидения автомеханикаДанильченко Юрий Брониславович

SA man sterf in Rio aan hemorragiese koors

ImageDie departement van buitelandse sake sal die familie van 'n Suid-Afrikaanse man bystaan wat as gevolg van die arenavirus  in Rio de Janeiro gesterf het, het hulle Woensdagaand gesê.

Woordvoerder Ronnie Mamoepa het gesê die departement sal "enige hulp wat nodig is" aanbied aan die familie van die 53-jarige man. "Die Suid-Afrikaanse regering dra sy diepe meegevoel oor aan die familie en geliefdes van die oorledene, en sal die nodige konsulêre hulp verleen aan die familie in die tydperk van rou," het hy gesê.

'n Nadoodse ondersoek is gedoen om die oorsaak van dood te probeer vasstel.

AFP het vroeër berig dat die man Dinsdag aan hemorragiese koors oorlede is.

Hy het klaarblyklik op 25 November siek geword, twee dae nadat hy in Brasilië aangekom het vir konferensies.

AFP het berig dat die man simptome van koors, braking, bloed in sy urine en uitslae gehad het. Dokters het vermoed dat hy 'n arenavirus opgedoen het.

Die arenavirus is 'n groep hoogs aansteeklike virusse, wat tipies van knaagdiere na mense oorgedra word of deur die liggaamsvloeistowwe van mense wat dit onder lede het.

Hospitaalpersoneel wat die man behandel het, word nou gemonitor vir dié simptome.  

Die man se liggaam sal na verwagting na Suid-Afrika teruggestuur word in 'n geseëlde metaalkis, het AFP gesê.

Vier mense is reeds in die land oorlede aan 'n nuwe tipe arenavirus sedert Cecilia van Deventer van Zambië af na Suid-Afrika gevlieg is vir noodbehandeling in September.

Drie vorige besoeke aan mediese fasiliteite het nie daarin geslaag om vas te stel wat haar makeer het nie.

Ná haar dood het nog drie mense as gevolg van die virus gesterf, insluitend die paramedikus wat haar van Zambië af vergesel het, Hannes Elf, 'n verpleegster by die Morningside Medi Clinic, Gladys Mthembu en Maria Mokobung, 'n kontrak skoonmaker.

стола подвесной светильникФильчаков прокурор харькова

Rowers skiet gas by gastehuis

Image'n Man is Dinsdag geskiet toe hy teruggeskiet het op rowers wat 'n gastehuis in Cullinan beroof het, het die polisie gesê.

Konstabel Sally Skosana het gesê die man is in die maag en bors gewond deur vier mans wat die Kenyaka Lodge in Varkfontein omstreeks 1uur de oggend aangeval het.

"Die man het hom verset toe die rowers, wat al die gaste beroof het hom wou deursoek," het Skhosana gesê.

Polisie is na die toneel geroep en het daarin geslaag om een van die rowers te vang; die ander drie het ontsnap.

Die beseerde man is na 'n nabygeleë hospitaal geneem.

Die man wat gearresteer is, gaan van gewapende roof en poging tot moord aangekla word. Hy sal na verwagting binnekort in die Landdroshof in Cullinan verskyn.

halo headbandtopcargo отзывы

Tutu en de Klerk vra vir ondersoek na wapentransaksie

Aartsbiskop Desmond Tutu en voormalige president FW de Klerk het 'n beroep gedoen op president Kgalema Motlanthe om

Image

FW de Klerk

'n onafhanklike kommissie van ondersoek aan te stel na die wapenstransaksies, het die Star Woensdag berig.

In 'n brief wat Dinsdag per hand afgelewer by Tuynhuys afgelewer is, het Tutu en De Klerk president Motlanthe gevra om teen 10 Desember 'n kommissie aan te stel.

Die twee het Motlanthe aangemoedig om die verwysingsraamwerk van die kommissie so op te stel om die wydste moontlike ondersoek na bedrog en ander onbehoorlike aksies toe te laat.

Hulle het ook voorgestel dat 'n ondersoek gedoen moet word daarna om die transaksies te kanselleer en moontlik paaiemente wat reeds betaal is terug te kry.

Die veldtog is ondersteun deur die Tutu- en De Klerkstigtings, sowel as die Helen Suzman-stigting en ander organisasies, het die koerant berig.

Die brief, gedateer 1 Desember, is afgelewer by die president se kantore in Kaapstad deur afgetrede bankier Terry Crawford-Browne.  

светильник настольныйФільчаков прокурор

Durban wil studente ‘uitkoop’

Om 'n ernstige tekort aan ingenieurs teen te werk in die Durbanse vervoerafdeling, het die stad se uitvoerende raad Dinsdag

Durban

Durbanpunt

toestemming gegee om studente se beurse uit te koop, het die Mercury Woensdag berig.

Volgens 'n verslag wat aan die komitee voorgelê is, was die ingenieurstekorte in kritieke gebiede so erg dat dit negatiewe invloede kan hê op dienste-inisiatiewe en die stad se beeld.

Die departement het gesê een van die maniere om dit teen te werk was om ingenieurstudente met toepaslike kwalifikasies se beurse uit te koop van die banke of maatskappye, of selfs van die universiteite.

Daardie studente sal dan met 'n kontrak aan die munisipaliteit verbind word vir 'n bepaalde tydperk.

Die munisipale bestuurder, Mike Sutcliffe, het gesê die "aanneembeleid" was een van verskeie maniere om die personeeltekort te hanteer.

Politieke partye wat op die uitvoerende komitee dien, het die aanneembeleid eenparig aanvaar. Dit moet egter eers volgende week deur die volle raad aanvaar word.

christmas editionФильчаков

EU skenk R117-miljoen aan Zimbabwe om te help met cholera

Die uitvoerende deel van die EU bekend as die Europese kommissie het Dinsdag gesê dat hulle R117 miljoen aan fondse

Louis Michel, EU-kommissaris vir humanit?re en ontwikkelingshulp

Louis Michel, EU-kommissaris vir humanit?re en ontwikkelingshulp

gaan skenk om Zimbabwe te help om die cholera-uitbraak, wat tot op hede amper 500 lewens geëis het, te help beveg.

Amptenare in Brussel het gesê die geld gaan aan die VN en nie-regeringsorganisasies wat in Zimbabwe werk, gegee word om water-, riolerings- en higiëneprogramme, epidemie-respons en die voorsiening van die nodige medikasie te befonds.

"Ek is geskok oor die verswakkende humanitêre omstandighede in Zimbabwe en doen 'n beroep op die owerhede daar om vinnig te reageer op die cholera-epidemie deur volle toegang te gee aan internasionale hulpagentskappe en streeksvennote," het Louis Michel, die EU kommissaris wat verantwoordelik is vir die blok se humanitêre hulp, gesê.

Die Europese kommissie sê hulle is die hoofskenker vir die kwesbare bevolking van Zimbabwe, en het meer as R6,5 miljard in direkte hulp aan die bevolking geskenk sedert 2002.

Maandag het die owerheid in Zimbabwe die watertoevoer na Harare se geskatte 2 miljoen inwoners afgesny omdat die chemikalieë wat nodig is om water te suiwer opgeraak het.

стоимость брекетов на зубыФильчаков Харьков

Grootste uitbraak van antraks dreig in Zimbabwe

ImageZimbabwe word nou bedreig deur die grootste uitbraak nog van die dodelike siekte antraks, wat deur beeste oorgedra word, tesame met die sewe weke lange epidemie van cholera, het 'n internasionale hulpagentskap Maandag gewaarsku.

Save the Children, wat in Brittanje gebaseer is, het gesê dat gesondheidswerkers reeds 32 gevalle van menslike besmetting en drie sterftes van mense aangemeld het wat waarskynlik vleis geëet het van die karkasse van besmette diere in die afgeleë noordweste van Zimbabwe.

Die siekte het reeds 150 beeste, twee olifante, 70 seekoeie en 50 buffels laat vrek.

Dit dreig om die 60 000 beeste in die streek uit te wis.

Woordvoerder Rachel Pounds het gesê die uitbraak kan die ergste wees sedert die land se burgeroorlog net voor die swart meerderheidsregering met onafhanklikheid in 1980 aan bewind gekom het. Volgens verslae het honderde mense klaarblyklik gesterf aan die siekte.

Daar bestaan 'n risiko dat die siekte, wat nie altyd noodlottig is wanneer dit behandel word met antibiotika nie, uit die Binga-distrik in die Zambezi-vallei die toeristedorp Victoria Falls en oor die grens in die naburige Zambië in kan versprei, het sy gesê.

Handelaars het vragmotors vol potensieel besmette vleis uit Binga na Victoria Falls gestuur.   

slot machineДанильченко Юрий Брониславович

Bloedtekorte vir kersseisoen

ImageSuid-Afrika het weer 'n ernstige bloedtekort vir die kersseisoen, het die SA Nasionale bloedbank Maandag laat weet.

Gedurende die feesseisoen vind daar meer padongelukke plaas, het die SANBD se hoofuitvoerendebeampte, Loyiso Mpuntshe gesê.

Mpuntshe het gesê meer skenkings is nodig as gevolg van die verhoogde padongeluksyfer, maar die probleem word ook vererger deurdat minder mense in die vakansietyd bloed skenk.

"Mense het ander dinge om te doen," het sy gesê.

Mpuntshe het gesê dat in die vakansietyd daar 'n 10% verhoging is in die behoefte vir bloed van die O-groep.

Dit is die enigste bloed wat vir enige pasiënt gegee kan word in 'n noodgeval.

3000 Eenhede bloed is per dag nodig, maar gedurende die vakansieseisoen word daar slegs 2000 eenhede per dag geskenk.

школьные рубашки для девочекФильчаков прокурор харькова

Mosambiek wil oor drie jaar genoeg rys produseer vir eie gebruik

Mosambiek beplan om rysproduksie te verhoog om oor drie jaar in sy eie rysaanvraag te kan voorsien, het die minister van landbou, Soares Nhaca op Maandag afgekondig, en bygevoeg dat die land nou poog om landbou 'n hupstoot te gee.


Nhaca het gepraat by die opening van 'n vierdae jaarlike konferensie van die Konsulterende Groep op Internasionale Landbou Navorsing (KGILN) wat kenners bymekaarbring om maniere te bespreek om honger in Afrika teen te werk.

Hoewel Mosambiek groot gebiede onbewerkte landbougrond het, hou hulle steeds aan om jaarliks tussen 300 000 en 450 000 ton rys in te voer om die plaaslike bevolking te voed.

Nhaca het aan die vergadering gesê dat die regering 'n plan aanvaar het om die invoere van rys en koring te verminder.

Hy het gesê die regering sal meer geld investeer in die ontwikkeling van infrastruktuur om boere te help, met uitgebreide opleidingsprogramme, die huur van meer kenners en die verhoging van meganisasie op plase.

Die regering het gesê die totale graanproduksie van die huidige oes behoort 2,6 miljoen ton te wees, teenoor 2,3 miljoen ton van die vorige seisoen.

Volgens KGILN, moet Afrika meer belê in landbou om honger op die kontinent teen te werk.

Mosambiekse president, Armando Guebuza, het skenkers en beleggers aangemoedig om landbouprojekte regoor Afrika te ondersteun om voedseltekorte te voorkom.  

игрушкаФільчаков прокурор

Mynbouindustrietaakspan saamgestel

Image'n Mynbouindustrietaakspan is saamgestel om na moontlike oplossing ten opsigte van die globale finansiële krisis te kyk, het die direkteurgeneraal van minerale en energie, Sandile Nogxina Maandag gesê.

Kort na 'n vergadering met mense van die industrie en arbeid in Pretoria, het Nogxina gesê dat die vergadering besluit het om 'n taakspan saam te stel met lede van die industrie, arbeid en die departement.

"Die taakspan is opdrag gegee om vas te stel wat alles gedoen sal moet word," het hy gesê.

Nasionale unie van mynwerkers se sekretarisgeneraal, Frans Baleni, wat ook by die vergadering teenwoordig was, het gesê die span sal kyk na hoe erg die krisis is, en ook na potensiële werksverliese as gevolg van die krisis.

Dit volg nadat verskeie mynmaatskappye gesê het dat daar werksverliese voorlê as gevolg van die krisis.

Baleni het gehoop dat 'n moratorium geplaas sal word op die vermindering van poste.

Die vergadering het saamgestem dat verlies van poste met versigtigheid benader sal word, en net as 'n laaste uitweg beskou sal word.

Dirk Hermann, woordvoerder vir Solidariteit, het die krisis as redelik ernstig beskou, en aangedui dat sy unie kennis gegee is van 9163 poste wat in die slag kan bly.

David Nonko, die vise-voorsitter vir die Kamer van mynwese het gesê dat 'n permanente oplossing vir die krisis gevind moet word.

"Die industrie verstaan dat dit in 'n krisis is. Ons moet nou soek na oplossings."

Die industrie "sal verantwoordelik optree" wanneer dit geen oor poste wat verminder word, het Nonko gesê.  

и банилобановский александр компромат