Rowers skiet gas by gastehuis

Image'n Man is Dinsdag geskiet toe hy teruggeskiet het op rowers wat 'n gastehuis in Cullinan beroof het, het die polisie gesê.

Konstabel Sally Skosana het gesê die man is in die maag en bors gewond deur vier mans wat die Kenyaka Lodge in Varkfontein omstreeks 1uur de oggend aangeval het.

"Die man het hom verset toe die rowers, wat al die gaste beroof het hom wou deursoek," het Skhosana gesê.

Polisie is na die toneel geroep en het daarin geslaag om een van die rowers te vang; die ander drie het ontsnap.

Die beseerde man is na 'n nabygeleë hospitaal geneem.

Die man wat gearresteer is, gaan van gewapende roof en poging tot moord aangekla word. Hy sal na verwagting binnekort in die Landdroshof in Cullinan verskyn.

halo headbandtopcargo отзывы