Johan Burger, 'n senior navorser, het by 'n seminaar oor die staat se reaksie op misdaad gepraat, en het volgehou dat die strategie van die staat misluk het.
Hy het gesê dit was as gevolg van die feit dat die staat nie sosio-ekonomiese probleme soos werkloosheid, armoede, en die afwesigheid van voldoende sosiale dienste, wat beskou word as die grootste bedreiging vir nasionale sekuriteit, deel van die strategie gemaak het nie.
"Indien daar 'n nasionale bedreiging is, hoekom nie 'n nasionale strategie nie?" het Burger gesê.
"Dit wys dat die regering nie optree binne die terme van sy konstitusionele mandaat nie."
Hy het gesê die teleurstellende gebrek aan vertroue, toewyding en ondersteuning om die nasionale misdaadvoorkomingsveldtog (NMV) te implementeer was sy ondergang.
Hy het gesê dat terwyl daar 'n positiewe afwaartse neiging in misdaad was, was die daling in 2005/2006 kleiner as in 2002/2003. Dit laat geregverdigde kommer ontstaan oor hoekom dit afgeneem het, gesien in die lig dat die polisiemag gegroei het in getalle.
Hy het wel gesê dit is nie 'n vreemde verskynsel wat uniek is aan Suid-Afrika nie. "Dit is nie net die polisie se skuld nie, en hoe gouer ons dit besef hoe beter. Dit bewys ook dat net om meer polisie aan te stel nie die probleem gaan oplos nie."
Hy het gesê dat die polisie beweer dat die meeste moorde en sosiale kontakmisdade, wat wel afgeneem het maar steeds hoog bo die internasionale norm is, gepleeg word deur mense wat aan die slagoffers bekend is.
Volgens die polisie, gebeur 'n redelike groot hoeveelheid van die misdade in wonings, normaalweg buite bereik van konvensionele polisiëring.
"Dit impliseer dat die polisie baie min, indien enige iets, kan doen om dié spesifieke tipe misdaad te voorkom," het Burger in die verslag gesê.
Die uitfasering van kommando's het ook 'n groot sekuriteitsvakuum gelaat.
Senior navorser Henri Boshoff het gesê dit is kommerwekkend dat die kommando's toegemaak is op plekke waar daar amper geen plaasvervanger in plek was nie.
"Landelike gebiede veral is baie kwesbaar gelaat, gesien in die lig van die belangrike rol wat kommando's gespeel het in die veiligheid en landelike beskermingsplan, wat rondom kommando's gebou is, en vir alle praktiese doeleindes nou nutteloos is."
Hy het gesê dat in terme van die regering se beloftes om personeel te verhoog, het hulle oor die laaste 5 jaar sowat 30 000 mense aangestel.
"Vir sover dit ander aspekte van die vervangingsbeloftes betref, het die regering direk of indirek misluk om sy beloftes na te kom," het Boshoff gesê.
Hy het gesê dit is nie 'n geval van om weer die kommando's weer in te stel nie, maar sektorpolisiëring, wat indien dit reg toegepas word, die sekuriteitsgaping kan vul.
Grensbeheer was nog 'n voorbeeld van "totale mislukking".
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.