SA, Angola, DRK gaan ingrypingsmag op die been bring

Die presidente van Suid-Afrika, Angola en die DRK het hulle gewig ingegooi agter ‘n plan om vrede na die DRK se onbestendige Noord-Kivugebied te bring. President Jacob Zuma, Jose Eduardo dos Santos en Joseph Kabila, het hulle steun toegesê aan ‘n plan wat deur elf state onderteken is en die weg gebaan het vir ‘n

Lees verder: SA, Angola, DRK gaan ingrypingsmag op die been bring

Arbeidsonrus brei uit na steenkoolmyne

Werkers het by Anglo American se Kleinkopje-steenkoolmyn begin staak terwyl die arbeidsonrus in die sektor uitbrei. Dit volg na onwettige stakings by vyf myne wat aan die mynreus Exxaro behoort. Beleggers is bekommerd dat dit ‘n herhaling is van betogings wat die ekonomie verlede jaar geskud het. ‘n Woordvoerder van Anglo American, Moeketsi Mofokeng, sê

Lees verder: Arbeidsonrus brei uit na steenkoolmyne

Egipte se omstuimigheid gekoop

Is Saoedi-geld besig om Kaïro se Morsi-regering te ondermyn vra Philip Giraldi in die American Conservative? Die politieke onrus in Egipte bied eenvoudige verduidelikings wat ten volle verstaanbaar vir lesers in Londen, Parys of New York is, want berigte maak gebruik van politieke terme en uitdrukkings waaraan daardie gehore gewoond is. Die Egiptiese president Mohammed

Lees verder: Egipte se omstuimigheid gekoop

Agang sal ‘fragmentering verminder’

Die stigter van die politieke forum Agang, Mamphela Ramphele sê die doel van die organisasie is om fragmentering in opposisiegeledere te verminder en die politieke landskap te herskik. Ramphele het gister haar tuisdorp naby Polokwane besoek. Sy sê sy sal samesprekings voer met ander partye oor kwessies van gemeenskaplike belang. Sy sê dis nie koalisievorming

Lees verder: Agang sal ‘fragmentering verminder’

Polisie skiet meisie in oproer

‘n Sestien-jarige meisie is tydens ‘n gewelddadige oproer op Mayflower naby Ermelo in Mpumalanga deur die polisie raakgeskiet. Die oproermakers het die kantore van die Albert Luthuli munisipaliteit aan die brand gesteek, die munisipale bestuurder as gyselaar aangehou en sy motor aan die brand gesteek. Volgens die Departement van Gemeenskapsveiligheid is die meisie getref toe

Lees verder: Polisie skiet meisie in oproer

Media24 se politieke verslaggewer skielik oorlede

Voormalige Mail & Guardian-joernalis Mandy Rossouw is op die ouderdom van 33 jaar in haar woonstel in Bryanston, Johannesburg oorlede. Volgens Beeld is Rossouw in die hospitaal opgeneem oor die naweek met pyn op die bors, maar is ‘n paar uur later ontslaan. ‘n Kennis het haar liggaam gevind by haar woonstel toe sy versuim

Lees verder: Media24 se politieke verslaggewer skielik oorlede

Landdroste se staking kan howe ontwrig

Landdroshowe oor die land heen kan heeltemal tot stilstand kom ná landdroste gedreig het om te staak as hulle salarisse nie binnekort aangepas word nie, het die Dispatch Online Maandag berig. Die nasionale uitvoerende raad van die Vereniging van Regterlike Beamptes van Suid-Afrika (Joasa) het die naweek ná ‘n vergadering in Port Elizabeth bevestig dat

Lees verder: Landdroste se staking kan howe ontwrig

Gauteng spog met vinnigste breëband

Slegs nege areas in Suid-Afrika het ‘n internetspoed hoër as die nasionale gemiddeld, volgens ‘n berig. Beeld het Maandag berig Ookla se Net Index het aangedui dat die gemiddelde nasionale spoed vir breëband-internet 3,82 megagrepe per sekonde (Mbps) is. Randfontein het die vinnigste breëbandttoegang in Suid-Afrika, met ‘n aflaaispoed van 11,3 mbps, gevolg deur Bryanston,

Lees verder: Gauteng spog met vinnigste breëband

Jeugleiers vir die toekoms van SA

Daar is toekomshoop vir jong Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika. Dit gaan egter nie op ‘n skinkbord aangedra word nie en die tyd het aangebreek om hande te vat, vernuwend te dink en saam te werk om vir die Afrikaner ‘n plek in sy geboorteland te waarborg. Dit was die boodskap van dr. Pieter Mulder, leier van

Lees verder: Jeugleiers vir die toekoms van SA

Doc Immelman oorlede

‘n Roudiens vir die bekende Suidwes-skrywer, Doc Immelman, sal later vandeesweek in Windhoek in Namibië gehou word. Hy is Saterdagaand op 84-jarige ouderdom in Windhoek oorlede. Hy het sy eerste boek op 23-jarige ouderdom gepubliseer. Immelman het sedertdien meer as 60 boeke geskryf, asook etlike duisende artikels, kortverhale, gedigte en rubrieke. Verskeie van sy boeke

Lees verder: Doc Immelman oorlede