Voormalige Mail & Guardian-joernalis Mandy Rossouw is op die ouderdom van 33 jaar in haar woonstel in Bryanston, Johannesburg oorlede.
Volgens Beeld is Rossouw in die hospitaal opgeneem oor die naweek met pyn op die bors, maar is ‘n paar uur later ontslaan.
‘n Kennis het haar liggaam gevind by haar woonstel toe sy versuim het om ‘n ete-afspraak na te kom. Die oorsaak van haar dood is nog onbekend.
Redakteur Nic Dawes het gesê: “Mandy was ‘n buitengewone teenwoordigheid in ons nuuskantoor en op ons bladsye, lewendig, gefokus, en vasbeslote om die storie te breek Ons gedagtes is met haar familie, haar Media24-kollegas en haar baie vriende oor die wêreld van die joernalistiek, politiek en diplomasie heen.”
Rossouw was die internasionale korrespondent vir die Media24-groep, politieke verslaggewer vir die City Press en was ook ‘n verslaggewer vir Eyewitness News.
Sy het voorheen gewerk as ‘n politieke joernalis vir Beeld en die Mail & Guardian.
Verlede jaar het sy haar boek Kings en Kingmakers voor die ANC se nasionale konferensie in Mangaung in die Vrystaat vrygestel.
“Haar dood is ‘n groot verlies vir ons,” sê Tim du Plessis, hoof van Afrikaanse koerante by Media24.
