Agang sal ‘fragmentering verminder’

Die stigter van die politieke forum Agang, Mamphela Ramphele sê die doel van die organisasie is om fragmentering in opposisiegeledere te verminder en die politieke landskap te herskik.

Ramphele het gister haar tuisdorp naby Polokwane besoek. Sy sê sy sal samesprekings voer met ander partye oor kwessies van gemeenskaplike belang.

Sy sê dis nie koalisievorming as sodanig nie, omdat daar verskeie maniere van samewerking uit gesprekke kan voortvloei. Ramphele sê gesprekke kan nie met vooropgestelde idees gevoer word nie.

Maak 'n opvolg-bydrae