Die presidente van Suid-Afrika, Angola en die DRK het hulle gewig ingegooi agter ‘n plan om vrede na die DRK se onbestendige Noord-Kivugebied te bring.
President Jacob Zuma, Jose Eduardo dos Santos en Joseph Kabila, het hulle steun toegesê aan ‘n plan wat deur elf state onderteken is en die weg gebaan het vir ‘n ingrypingsmag van 2 500 soldate.
Dos Santos het op ‘n nuuskonferensie in Luanda gesê die drie lande sal help om te verseker dat die ooreenkoms doeltreffend is.
Op die oomblik veg ‘n VN-sending van 17 000 lede na jare van onrus teen die rebelle. Suid-Afrika het soldate in die DRK as deel van die VN-sending MONUSCO.
