Cosatu is op ‘n gevaarlike, afdraande pad, het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, Dinsdag gesê.
“Die vakbonde is onder beleg weens… ‘n gebrek aan ervaring onder organiseerders en beamptes wat nie opgewasse is om hierdie uitdagings te hanteer nie,” het Mantashe in Boksburg, oos van Johannesburg, aan nasionale ampsdraers van dié vakverbond gesê.
“Werkers gaan begin om na alternatiewe te soek. Wanneer werkers na alternatiewe soek, hoor hulle ons nie en voel hulle ons nie.”
Mantashe het gesê onenigheid heers in Cosatu. Hy het gewaarsku dat daar verdeeldheid is onder die leierskap.
“Julle gaan dit [Cosatu] aktief vernietig. In ‘n jaar se tyd sal daar geen Cosatu meer wees nie…. Alle ander veldtogte gaan plat val as daar nie organisering is nie.
“Bou die organisasie nóú… sodat julle ‘n impak kan maak.”
