‘n Roudiens vir die bekende Suidwes-skrywer, Doc Immelman, sal later vandeesweek in Windhoek in Namibië gehou word. Hy is Saterdagaand op 84-jarige ouderdom in Windhoek oorlede.
Hy het sy eerste boek op 23-jarige ouderdom gepubliseer. Immelman het sedertdien meer as 60 boeke geskryf, asook etlike duisende artikels, kortverhale, gedigte en rubrieke.
Verskeie van sy boeke is vir skole voorgeskryf, waarvan die bekendste waarskynlik Die Tyd van die Klippe is.
Hy word oorleef deur sy vrou, Rya, twee dogters en ‘n kleinseun.
