Die oorblyfsels van twee of meer jeugaktiviste wat na bewering vermoor is deur lede van die berugte Mandela United Football Club word opgegrawe by die Avalon-begraafplaas in Soweto.
Die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag se ondersoekers glo twee grafte van aktiviste wat vermoor is deur die klub se lede kan getuienis bevat waarby ANC-veteraan Winnie Madikizela-Mandela betrokke is.
Die klub het internasionale nuusvoorblaaie gehaal toe sy lede Stompie Moeketsi, 14, in Januarie 1989 vernoor het.
Madikizela-Mandela is skuldig bevind in 1991 aan ontvoering en medepligtige. Haar ses jaar tronkstraf is tot ‘n boete en ‘n twee-jaar opgeskorte vonnis op appèl verminder.
Stompie is vermoor omdat hy na bewering ‘n polisie-informant was. Hy was nie die enigste aktivis wat verdwyn het nie. Dokumente in besit van ondersoekers wys dat ‘n dubbele moordsaak op 15 November 1988 geopen is.
CR392 en CR393 kan oorskot wees van die twee aktiviste wat as armlastiges begrawe is.
Inligting het aan die einde van verlede jaar aan die lig gekom dat die grafte die liggame Lolo Corlette Sono, 21, en Siboniso Tshabalala, 19, beide koeriers vir die ANC se gewapende vleuel Umkhonto we Sizwe, bevat.
Hul liggame is gevind in ‘n veld in Diepkloof, Soweto, met verskeie steekwonde. Albei is na bewering daarvan beskuldig deur Madikizela-Mandela dat hulle polisie informante was.
Hulle het verdwyn minder as twee maande voor Stompie vermoor is.
Madikizela-Mandela het voortdurend betrokkenheid in die moord ontken, ten spyte van Sono se pa dat Lolo, wat erg aangerand is, saam met haar die dag was toe hy verdwyn het.
“Dit is ‘n hoë-profielsaak. Die president word op hoogte gehou van die ondersoek,” het ‘n polisieman naby aan die ondersoek gesê.
Hy het gesê Suid-Afrikaanse en Argentynse argeoloë en die polisie se forensiese deskundiges sal betrokke wees tydens die opgrawing.
