Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, het Dinsdag salarisverhogings vir soldate en pensioenvoordele vir veterane van Umkhonto we Sizwe en Apla aangekondig, ten spyte van dié departement se beroerde finansies. Benewens groeiende personeelaanstellings wil Sisulu ook graag nasionale diensplig terugbring. Byna die helfte van alle weermagpersoneel is tans HIV-postief. Sisulu het gesê die weermag se doelk
Vrystaat – van modelrepubliek tot Free State Province
Presies waar het sake in die Vrystaat verkeerd begin loop? Tot baie na-aan die aanbreek van die nuwe bedeling het die Vrystaat besonder goed gevaar in opnames, soos gesindheidsopnames deur die RGN. Die feit dat die vorige bedeling daarin geslaag het om taamlike hoë stempersentasies te verkry in die destydse hoogs omstrede swart munisipale verkiesings,
Lees verder: Vrystaat – van modelrepubliek tot Free State Province
Toeris het slenkdalkoors onderlede
Die eerste geval van ‘n toeris na Suid-Afrika wat met slenkdalkoors gediagnoseer is, is Dinsdag deur die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) bevestig. Dié gevreesde virus het reeds vyftien mense se lewens in die land geëis. Sedert die siekte aan die begin van die jaar begin versprei het, is dit by 172 mense landwyd gediagnoseer. Die Duitse
Bevrydingsbewegings van Suider-Afrika byeen
ANC-president Jacob Zuma en sekretaris-generaal Gwede Mantashe het Maandag in Dar es Salaam, Tanzanië, aangekom om ‘n vergadering van die voormalige bevrydingsbewegings van Suider-Afrika by te woon. Die vergadering, wat byeengeroep is deur Chama Cha Mapinduzi (CCM) van Tanzanië, sluit ook die leiers van FRELIMO van Mosambiek, ZANU-PF in Zimbabwe, SWAPO van Namibië, en
Namibië gaan gasarbeid afskaf
Namibië gaan nie langer die invoer van ongeskoolde werkers uit die buiteland wat werksgeleenthede voor die neuse van Namibiërs wegraap, duld nie. Daarmee saam is die tenderproses so aangepas dat ongeskooldes in die land pleks van buitelanders moet baat. Pres. Hifikepunye Pohamba het Saterdag tydens Werkersdagvieringe op Lüderitz dié goeie nuus oorgedra nadat hy deur
Waterkanon, skokgranate, rubberkoeëls bring Bloemfontein tot bedaring
Vyf betogers is deur die polisie beseer toe daar Dinsdag in Bloemfontein teen honderde Samwu-lede opgetree is. Verskeie polisievoertuie asook dié van inwoners is beskadig. ‘n Waterkanon, skokgranate en rubberkoeëls is voor die Mangaung-munisipaliteit in die stad ingespan om die oproerige Samwu-werkers in geel 2010-hemde uiteen te jaag. Dié jongste diensleweringsopstand spruit voort uit beweerde
Lees verder: Waterkanon, skokgranate, rubberkoeëls bring Bloemfontein tot bedaring
185-Kommissie vaar ellendig
Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Taal, Godsdiens en Kultuurgemeenskappe het in die ad hoc verslag van die Komitee in die Hersiening van Hoofstuk 9 instellinge van die Grondwet (gedateer 31 Julie 2007), ‘n baie swak rapport gekry. Sedertdien is die verslag van die ad hoc Komitee nog nie ter
Genoeg is genoeg, Wesmoot gaan optree
“Die gemeenskap van Wesmoot Pretoria gaan nie meer waarsku oor misdaad nie maar met alle erns begin optree.” So sê mnr Philip van Staden, VF Plus bestuurslid van Wesmoot, na die moord op ‘n inwoner van Booysens. Mnr Freitas is volgens inligting erg aangerand en sy lyk is gevind nadat sy bure onraad vermoed en
Swart jeug moet militant wees sê minister van polisie
Jong mense moet militant en lewenskragtig wees in plaas van gedweë volgelinge, sê polisieminister Nathi Mthethwa. Hy het Sondag studenteleiers van tersiêre instellings in die Nasionale Vereniging van Studenteontwikkeling se praktisynskonferensie in Durban toegespreek. Die konferensie is bedoel vir studenteleiers om idees te wissel oor die hantering van kwessies soos misdaad en MIV-vigs aan
Lees verder: Swart jeug moet militant wees sê minister van polisie
Roodt spreek skok oor Jackson-moord uit
In sy hoedanigheid as inligtingshoof van die Vryheidsfront Plus in Gauteng het dr. Dan Roodt sy skok en afgryse oor die moord op mnr. Lolly Jackson uitgespreek. Komende ná die noodlottige aanslag op mnr. Eugène Terre’Blanche, wil dit voorkom asof moorde op openbare figure in Suid-Afrika so algemeen geraak het dat die land ‘n rampokkerstaat
