Toeris het slenkdalkoors onderlede

Die eerste geval van ‘n toeris na Suid-Afrika wat met slenkdalkoors gediagnoseer is, is Dinsdag deur die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) bevestig.

Dié gevreesde virus het reeds vyftien mense se lewens in die land geëis.

Sedert die siekte aan die begin van die jaar begin versprei het, is dit by 172 mense landwyd gediagnoseer.

Die Duitse toeris wat met die siekte gediagnoseer is, het landelike gebiede en wildtuine langs die kus in die Oos-Kaap en Wes-Kaap besoek, het die WGO gesê.

Die vrou is vergesel van mense wat ook nou vir die virus ondersoek word.

медсправка форма 086-уtopcargo отзывы сотрудников

Maak 'n opvolg-bydrae