Sisulu ‘n ‘moderne Magnus Malan’

Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, het Dinsdag salarisverhogings vir soldate en pensioenvoordele vir veterane van Umkhonto we Sizwe en Apla aangekondig, ten spyte van dié departement se beroerde finansies.

Benewens groeiende personeelaanstellings wil Sisulu ook graag nasionale diensplig terugbring. Byna die helfte van alle weermagpersoneel is tans HIV-postief. Sisulu het gesê die weermag se doelk is om die land se buitelandse beleid af te dwing.

Sy het ook klem gelê op die waarde van militêre opleiding omdat die weermag in die VSA glo die nuwe gesig van leierskap verteenwoordig. Sy het verwys na April se uitgawe van Fortune Magazine waar melding gemaak word van groot maatskappye wat militêre personeel werf.

Wal-Mart asook twee studies deur Harvard en MIT wat in 2006 voltooi is, sê die menslike hulpbronkomponent van die weermag is goud werd, volgens Sisulu.

David Maynier (DA) het gewaarsku dat die weermag in ’n gewapende welsynsorganisasie gaan verander. Hy het gesê Sisulu loop die gevaar om in ’n “moderne Magnus Malan” te verander.

Volgens Maynier is die parlement in die duister oor hoe die departement van verdediging bestuur word. Die parlement weet ná amper ’n jaar steeds nie wat die werklike vlak van paraatheid is nie, het hy gesê.

сварочный инвертор слобановский александр дочь

Maak 'n opvolg-bydrae