VSA ontplooi troepe ‘om skoolmeisies te soek’

Die VSA het sy troepe in Tsjad ontplooi om glo na die skoolmeisies wat in Nigerië ontvoer is, te help soek. Die Verenigde State van Amerika sal 80 militêre personeellede en ‘n Predator-tuig na Tsjad stuur as deel van ‘n poging om ‘n vastrapplek in die streek te kry. Die onbemande verkenningstuig sal aansluit by soortgelyke

Lees verder: VSA ontplooi troepe ‘om skoolmeisies te soek’

Zim-permitte vir SA sal verval

Permitte wat ingevolge ‘n spesiale bedeling aan Zimbabwiërs uitgereik is, sal in Desember verval, het RSG berig. Die Departement van Binnelandse Sake sê die kabinet het die besluit goedgekeur en daar sal van permithouers verwag word om weer om dokumente aansoek te doen. Binnelandse Sake sê die bedoeling is nie om die voordele van die

Lees verder: Zim-permitte vir SA sal verval

Duitsland sien buitengewone toestroming van immigrante

Duitsland het naas die VSA die wêreld se gewildste bestemming vir immigrante geword, het die Financial Times berig. Die land is nou gewilder as Kanada en Australië. Baie suid-Europeërs verkies Duitsland weens die lae werkloosheid. Die Eurosone se finansiële krisis het talle genoop om beter geleenthede te soek. Die immigrante dra meer by tot belasting

Lees verder: Duitsland sien buitengewone toestroming van immigrante

Ontploffings ruk Nigerië

Twee ontploffings in die hoofsakesentrum van die Nigeriese stad Jos het die lewens van minstens 118 mense geëis. Jos lê op die foutlyn tussen die strydende Christelike suide en meestal Moslem noorde. Dis die helfte van Nigerië se bevolking van 170 miljoen Christene. Nog talle is beseer in die aanval wat volgens die polisie deur die

Lees verder: Ontploffings ruk Nigerië

Vyfde parlement open

Die Parlement is gereed vir die vyfde Parlement wat Woensdagoggend sal open. Minstens 40 nuwe parlementslede, onder wie 25 lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), sal ingehuldig word. Die party sal glo hul rooi berets na die opening dra. Die inhuldiging van die 400 Parlementslede sal die sitting open. Die LP’s het reeds geregistreer vir

Lees verder: Vyfde parlement open

Cope val uitmekaar

Cope het Dinsdag die media en beweerde onegte lede die skuld gegee vir die party se swak vertoning in die afgelope verkiesing. In ’n verklaring wat Cope uitgereik het ná afloop van sy nasionale komitee-vergadering blameer hy ook al die hofsake wat daar teen Cope was vir die feit dat die party so swak gevaar

Lees verder: Cope val uitmekaar

Duisende verkiesingsplakkate moet af

Duisende van die plakkate is nog steeds te sien aan lamppale oral in die land, twee weke nadat Suid-Afrika in die algemene verkiesing gestem het. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê die verwydering van verkiesingsplakkate is nie hulle verantwoordelikheid nie en word deur munisipale ordonnansies beheer. Die stad Kaapstad het politieke partye tien dae tyd gegee om

Lees verder: Duisende verkiesingsplakkate moet af

Tito Mboweni onttrek as LP

Pravin Gordhan se heraanstelling in sy pos as minister van finansies, sal onstuimigheid en onsekerheid in markte kalmeer, sê sy ondersteuners. Terwyl die voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Tito Mboweni, volgens gerugte die voorloper vir die pos skyn te wees, sal dié aanstelling moeilik wees omdat markte en die vakbonde glo nie te vinde

Lees verder: Tito Mboweni onttrek as LP

Rusland en China sal gasooreenkoms teken

Die president van China, Xi Jinping en die Russiese leier Wladimir Poetin het Dinsdag ontmoet tydens geskiedkundige samesprekinge tussen die twee lande. Poetin is tans in Shanghai vir ʼn Asiatiese veiligheidsberaad. Die twee sal ook aan ‘n militêre magsvertoon deelneem waar 14 skepe vir ʼn week lank oefeninge in die Oos-Chinese See sal onderneem. Dié

Lees verder: Rusland en China sal gasooreenkoms teken

ANC kondig binnekort nuwe premiers aan

Die ANC sal Dinsdagoggend die name bekend maak van die premiers van die agt provinsies. Hulle sal die ANC lei in provinsies waar die party in beheer is. Dit volg na ‘n vergadering van die party se Spesiale Nasionale Uitvoerende Komitee wat in Pretoria gehou is. Elke provinsie het drie name aan die NUK voorgelê.

Lees verder: ANC kondig binnekort nuwe premiers aan