Alle aanklagte teen ‘n boer van Aberdeen is Donderdag laat vaar. Hy is vroeër in verband met ‘n beweerde regse komplot in hegtenis geneem. Aanklagte van hoogverraad en sameswering om terreurdade te pleeg, is tydens ‘n vlugtige hofverskyning teen die 31-jarige Louis Lategan teruggetrek. Die staat het geen redes verskaf nie. Lategan is sedert sy
Gegradueerdes gaan belastingkoeie word
Die ANC het verlede jaar by sy verkiesingskonferensie in Mangaung ‘n resolusie aanvaar om ‘n belasting op gegradueerdes in te stel, het die Sowetan Donderdag berig. Afgevaardigdes in die onderwys- en gesondheidskommissie het besluit dat oorweging “gegee moet word aan ‘n belasting vir alle gegradueerdes van hoër onderwysinstellings”. Inligting oor die voorgenome belasting is vaag,
Vrou grusaam vermoor in Welkom
‘n Ma van twee, wat die afgelope naweek saam met haar gesin na Welkom verhuis het, is Donderdag helder oordag grusaam in haar huis op die dorp vermoor, berig Volksblad. Carmen van der Westhuizen (38) was waarskynlik besig om uit te pak toe sy in die kombuis oorval is. Haar kop is met vermoedelik ‘n
Hele skool weggedra
‘n Skok het leerlinge en personeel dié week ingewag toe hulle by hulle mooi, splinternuwe skool opdaag. Van die Maepa-laerskool op die R555 buite Ohrigstad, het Dinsdagoggend min oorgebly. Selfs die skoolhek is gesteel. Die skool is goedgunstiglik deur ‘n wildplaas in die omgewing vir die swart gemeenskap opgerig. Die Hannah-wildplaas se vrygewigheid het nie
‘n Amerikaanse Orania?
Spokane, Washington, is die agtergrond vir die duur mislukking getiteld Red Dawn. Die fliek is ‘n handleiding vir insurgente, so reg uit die Amerikaanse voorliefde vir handleidings en riglyne, en handel oor ‘n inval in die VSA deur Noord-Korea. Met tye klink die draaiboek asof ‘n junior Pentagon-amptenaar dit opgesom het. Min mense woon in
Ramphele gaan Zille troef
Die bekendstellingsdatum van Mamphela Ramphele se politieke party kan volgende Dinsdag wees en president Jacob Zuma se opening van die Parlement volgende Donderdag oorskadu, hoop haar ondersteuners. Nuus van haar politieke party het in sekere akademiese kringe groot opgewondenheid gaande, met dosente en intellektuele popelend oor die vooruitsigte dat volgende jaar se algemene verkiesing iets
Desmond Tutu, die publisiteitsoeker
Oor iemand soos Desmond Tutu kan ek nie roem nie. Ek het die “bevrydingstryd” meegemaak en kennis geneem van hoe Tutu die gepeupel onophoudelik tot onrus opgestook het. Ook hoe hy nooit die geweld wat uit sy opsweping gespruit het, veroordeel het nie. Tutu is, soos Nelson Mandela, ‘n aartsvader van die geweldskultuur wat al
Olifante by die duisende uitgewis
Stropers meer as 11000 olifante in die Minkebe Nasionale Park reënwoud sedert 2004 uitgewis, het die Gaboen-regering Dinsdag gesê. Die bloedbad is aangevuur deur die toenemende vraag na ivoor in Asië. Gaboen is die tuiste van ongeveer die helfte van die wêreld se ongeveer 100,000 bos olifante, die kleinste spesie van die olifant, uiters gesog
Die lewe van die stinkryk metropolisiekonstabel
In 2008, was Sbu Mpisane die enigste Durbanse metropolisiekonstabel wat by die werk aangekom het in ‘n Lamborghini. Dit was maar een van ‘n vloot van peperduur rygoed wat buite die multimiljoenrand-herehuis geparkeer gestaan het. Hoe kon Mpisane ‘n Lamborghini, twee Maseratis, ‘n Rolls-Royce en ‘n Ferrari, ‘n R20-miljoen herehuis in La Lucia en ontwerpersklere
Lees verder: Die lewe van die stinkryk metropolisiekonstabel
Van armlastig tot multimiljoenêr
‘n Man wat eers R750 per maand verdien het, is nou ‘n multimiljoenêr. ‘n 54-jarige man van KwaZulu-Natal het in die Lotto-trekking van 19 Januarie bykans R6,5 miljoen gewen met sy R20-kaartjie, het Thembi Tulwana, woordvoerder vir die nasionale lotery-operateur Gidani, Woensdag gesê. Nadat hy verneem het hy het gewen, het die man, wat normaalweg
