Stropers meer as 11000 olifante in die Minkebe Nasionale Park reënwoud sedert 2004 uitgewis, het die Gaboen-regering Dinsdag gesê.
Die bloedbad is aangevuur deur die toenemende vraag na ivoor in Asië.
Gaboen is die tuiste van ongeveer die helfte van die wêreld se ongeveer 100,000 bos olifante, die kleinste spesie van die olifant, uiters gesog vir ivoorhandelaars as gevolg van hulle harder en reguit tande.
‘n Studie deur Gaboen se regering, saam met die World Wildlife Fund en die Wildlife Conservation Society, het bevind dat twee-derdes van die bosolifante in Minkebe park uitgewis is sedert 2004.
“As ons nie hierdie situasie vinnig omkeer nie, is die toekoms van olifante in Afrika in gevaar,” het Lee White, uitvoerende sekretaris van Gaboen se nasionale parke-agentskap, gesê.
Die Presidensie van die land sê stropers het geheime kampe in die reënwoud. Hulle ontduik klein ontplooiings van parkopsigters maar laat verrotte olifant-karkasse agter.
‘n Park-amptenaar het gesê die meeste van die stropers is van die die naburige Kameroen, waar die regering weermag-helikopters en honderde troepe ontplooi het om sy olifant bevolking te beskerm.
