In 2008, was Sbu Mpisane die enigste Durbanse metropolisiekonstabel wat by die werk aangekom het in ‘n Lamborghini.
Dit was maar een van ‘n vloot van peperduur rygoed wat buite die multimiljoenrand-herehuis geparkeer gestaan het.
Hoe kon Mpisane ‘n Lamborghini, twee Maseratis, ‘n Rolls-Royce en ‘n Ferrari, ‘n R20-miljoen herehuis in La Lucia en ontwerpersklere op ‘n bruto salaris van R15000 bekostig?
Danksy Shauwn, die dogter van die voormalige anti-apartheid aktivis Florence Mkhize, kon Mpisane uitspattig leef. Haar bedryf, Zikhulise Cleaning, onderhoud en transport, het tenders ter waarde van miljoene rande van die munisipaliteit en die KwaZulu-Natal bekom.
Hulle saketransaksies strek so ver terug as 1997, toe hulle ‘n tender van die provinsiale departement van behuising gekry het. Die departement het later die projek aan die munisipaliteit oorhandig, met die voorbehoud dat die paartjie behou word as kontrakteurs.
Die Mpisanes het kontrakte ter waarde van meer as R300-miljoen bekom ten spyte van klagtes van slordige vakmanskap in die bou van laekoste-huise in Umlazi, en Shauwn se BTW-bedrog skuldigbevinding in 2005.
Ten spyte van hul regsprobleme, het die egpaar nie hul spandabelrige leefwyse verander nie. In Maart 2011, het hulle ten minste R1 miljoen op twee partytjies uitgegee om 180 gaste op duur sjampanje, soesji en oesters te trakteer om Sbu Mpisane se verjaarsdag en hul huweliksherdenking te vier.
Die twee het glo dikwels in hul uitspattige ontwerpersuitrustings per helikopter opgedaag by geleenthede.
Advokaat Wim Trengove, ‘n bekende in ANC-kringe, het vir Mpisane opgetree. Hy het aan die hof gesê dat indien die staat voortgaan om uitstel te vra, dit sy kliënt sal benadeel weens die regskoste.
Een van Shauwn se werknemers in die hof het saamgestem. Sy het saggies gefluister: “Sy sal arm word.”
