‘n Amerikaanse Orania?

Spokane, Washington, is die agtergrond vir die duur mislukking getiteld Red Dawn. Die fliek is ‘n handleiding vir insurgente, so reg uit die Amerikaanse voorliefde vir handleidings en riglyne, en handel oor ‘n inval in die VSA deur Noord-Korea. Met tye klink die draaiboek asof ‘n junior Pentagon-amptenaar dit opgesom het.

Min mense woon in Benewah County in Idaho en die bevolking van 9000 sal verdubbel as die sogenaamde “survivalists” op die streek toesak. Dis net ‘n klipgooi van Spokane waar die fiktiewe Red Dawn-inval gebeur, maar dié keer is die oorlewingsgerigtes nie deel van ‘n film nie. Hulle is ernstig én dis werklik.

Die groep is van plan om ‘n reuse-Middeleeuse styl vesting te bou waarin inwoners hul eie wapens sal dra en die moderne vesting sal verdedig teen indringers.

Die ommuurde stad word in die bos van die Idaho Panhandle gebou, 70 myl suidoos van Spokane.

Die “Citadel”, sal 7000 mense en huise, ‘n skool en ‘n geweerfabriek insluit. Die mense van Idaho is bekend vir hul liefde van gewere en paniek oor die voorgestelde federale wapenreëls het ‘n stormloop veroorsaak om wapens op te gaar.

Die mense van Citadel sê dat almal van die stad se inwoners ‘n AR-15 geweer sal besit, 1000 rondtes ammunisie en genoeg voorrade om ‘n ineenstorting van die samelewing te weerstaan. En aangesien AR-15s verbied mag word indien die Kongres die 1994-verbod op aanvalswapens bekragtig, sal die vesting sy eie fabriek hê om dit te produseer.

“Marxiste, sosiaal-demokrate, liberale en establishment Republikeine sal waarskynlik vind dat die lewe in ons gemeenskap onversoenbaar met hul bestaande ideologie en voorkeur lewenstyle sal wees,” sê die webwerf.

Organiseerders verwys na hulle voorgenome stad as ‘n “gemeenskap van vryheid”, wat nie ‘n leier het nie, en in plaas daarvan ”n beduidende groep gelykes … elk met hul eie professionele vaardighede en ervarings” het ‘n veroordeelde misdadiger wat ‘n promotor van die projek is aan die Associated Press gesê.

Sodanige voorstelle is meer algemeen onder groepe wat skerp teenkanting teen die hoofstroomsamelewing en die politiek in die VSA uitspreek. Die regse televisie gasheer Glenn Beck het verlede maand sy planne om ‘n self-onderhoudende gemeenskap genaamd “onafhanklikheid, USA” te bou, geopper. Beck se utopiese stad sal afgesny van die res van die VSA bly, soos ‘n Amerikaanse Orania.

Dis wensdenkery, sê linkses. Citadel se organiseerders sal nie werklik hul vesting bou nie.

“Die mense agter Citadel is soos ‘n 12-jaar-oue seuns wat praat oor die boomhuis, of die geheime ondergrondse stad,” het een gesê aan AP.

Maar die Citadel se organiseerders is reeds besig om geld te maak uit hul voorstel: ‘n Paar honderd mense het reeds die $208-aansoekfooi betaal om in Citadel te woon as dit ontwikkel word.

Hoewel geen konstruksie nog begin nie, het organiseerders reeds grond gekoop.

‘n Paar Idaho-inwoners is skepties oor die idee – veral die vereiste vir toekomstige inwoners wapems te dra en hulself te verdedig teen indringers.

“Dit is Podunk, Idaho,” het een inwoner aan AP gesê. “Wat is daar om hulleself teen te verdedig?”

Noord-Korea dalk?

Sluit by KlubDigitaal aan! ‘n Wêreld van onbeperkte idees en boeke wink! Vir net R60 per maand begin die reis in jou kop.

Данильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae