Ooskaapse bus het ratmoeilikheid gehad

Die polisie het vandag die amptelike dodesyfer rondom die Ooskaapse busongeluk aangekondig. Dit staan op 22, waaronder 5 kinders.

Die bus, wat aan 'n privaatmaatskappy behoort, het gister by 'n 200meterwal afgegly tot in 'n rivier naby die dorp Cedarville.

Die busbestuurder is onder die 22 dooies. Van die beseerde passasiers het gesê dat die busbestuurder net voor die ongeluk probleme met sy ratte ervaar het.

Die name van die oorledenes sal bekendgemaak word sodra al die naasbestaandes in kennis gestel is.

хамам в квартиреАлександр Фильчаков прокурор

DA kritiseer ANC se oopdeurbeleid

Die Demokratiese Alliansie het gister die ANC-regering se planne om Suid-Afrika se grensbeheer nog verder te verslap sterk gekritiseer.

Image

Helen Zille

Volgens Helen Zille, die leier van die party, verteenwoordig dit 'n resep vir 'n ramp en sal dit die huidige etniese konflik in die land vererger.

Volgens mediaberigte wil die regering beheer oor burgers van SAOG-lande verslap en dit vir hulle makliker maak om Suid-Afrika sonder veel procedure te besoek. Daar woon 180 miljoen mense in die SAOG-lande.

Volgens Zille is daar min, indien enige, lande ter wêreld wat so 'n oopdeurbeleid teenoor besoekers handhaaf. Eerder behoort die regering immigrasiebeheer op te skerp, pleks van dit te verswak.

маленькие фонтаны для садаtopcargo

Vakbond wil ondersoek van McBride h

Vakbondleiers het gevra dat 'n kommissie van ondersoek aangestel moet word om Robert McBride, die Oosrandse polisiehoof, te ondersoek.

Die Munisipale Werkersunie (Samwu) sê daar was nog onbeantwoorde vrae rondom McBride. Meer as 1000 werkers het gister in die winterkoue buite die munisipale kantore betoog.

Die vakbond wil hê dat die munisipaliteit moet ondersoek waarom die polisie in November 2006 onder McBride se leierskap op hulle geskiet het.

Intussen duur 'n vullisstaking voort en steun die Ekurhuleni-munisipaliteit op werkers van buite.

игра для девочкФільчаков Олександр Васильович

50 mense dood in Zimbabwe se verkiesingstryd

Volgens die Zimbabwiese opposisieparty, die Beweging vir Demokratiese Verandering, is vyftig van sy ondersteuners in gewelddadige

Image

Morgan Tsvangirai

aanvalle vermoor. Sleutelfigure van die party word ontvoer en na enkele dae dood aangetref.

Die MDC het ook die regerende Zanu PF daarvan beskuldig dat die opposisie geen toegang tot die staatsmedia het nie, dat dit feitlik onmoontlik is om openbare vergaderings te hou en dat sy laaste twee vergaderings slegs na appèlsake in die hof gehou kon word.

In weerwil van al die struikelblokke in die weg van die opposisie, is die MDC steeds vol vertroue dat sy kandidaat, Morgan Tsvangirai, die verkiesing teen Robert Mugabe kan wen.

куртки для девочек веснаФильчаков прокурор отзывы

Nog ‘n rooftog in Kameeldrift

ImageDie vlaag rooftogte wat Kameeldrift, noordoos van Pretoria, teister, het sy jongste slagoffers geëis.

'n Dokter en sy gesin is in hul huis oorval en beroof. Die polisie wou egter nie die slagoffers se name bekendmaak nie.

Volgens die polisiewoordvoerder, inspekteur Sipho Mabena, het vyf gewapende mans die huis op die Leeuwfontein-landgoed eergisteraand omstreeks agtuur aangeval, die familie vasgebind en vier plasmaskermtelevisiestelle gesteel.

Hulle wou die dokter se motor ook steel, maar het blykbaar daarteen besluit.

'n Bende van twintig is werksaam in die Kameeldrift-omgewing en niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

holidaysДанильченко Харьков

Rugby moet vinniger transformeer, s? sportminister

Die minister van sport en ontspanning, Makhenkesi Stofile, het gister gesê rugby moet vinniger transformeer.

Hy het gister tydens sy begrotingstoespraak in die parlement gesê dat beroepe om die onlangse sukses van die Springbokspan as 'n katalisator vir transformasie te gebruik, het op dowe ore geval.

Stofile het ook oor krieket gekla en meen die samestelling van die onlangse span na Bangladesj en Indië was 'n bewys dat daar mense bestaan wat teen transformasie in sport gekant is.

Volgens Stofile moet spelers en administrateurs begryp dat die transformasie van sport in die land nie onderhandelbaar is nie – dit maak deel uit van die grondwetlike en regeringsmandaat.

настенно потолочные светильникиФільчаков Олександр Васильович прокурор

Etniese konflik knou toerisme

Die etniese geweld van die afgelope twee weke het waarskynlik die toerismebedryf 'n knou gegee. Hoewel die geweld teen vreemdelinge hoofsaaklik teen immigrante uit die res van Afrika gemik was, het Europese toeriste die grootste geskrik.

Een dag nadat foto's van 'n brandende Mosambieker die wêreld ingestuur is, het Duitsland sy burgers gewaarsku om sekere dele van Suid-Afrika soos die Johannesburgse middestad en omliggende lokasies te vermy.

Die VSA, Swede en 'n aantal ander lande het die Duitse voorbeeld gevolg.

Ook toere na Soweto word afgelas. Volgens Jimmy Ntintili, wat toere na Soweto aanbied, het 'n toeristegroep van dertig onlangs 'n toer gekanselleer omdat hulle onveilig gevoel het.

Die toergroep na Soweto het hoofsaaklik uit swartes van elders in Afrika bestaan.

Die toerismebedryf in Suid-Afrika is nou groter as die goudmynbedryf, verdien meer buitelandse valuta en dra 8 persent tot die BNP by, afgesien van die 1,2 miljoen werkgeleenthede wat dit verteenwoordig.

casino free betлобановский александр досье

Kommer oor Eskom-prysverhoging neem toe

ImageKommer oor Eskom se voorgestelde prysverhoging van 53 persent neem toe, met Besigheidseenheid SA en Cosatu wat albei die verhoging teenstaan.

Die BESA-verteenwoordiger by die Nersa-verhoor oor die prysverhoging, Roger Baxter, het verklaar dat studies aantoon dat die ekonomies uitwerking van die verhoging die land se bruto nasionale produk sal verlaag en tot die verlies van 55 000 werksgeleenthede sal lei.

Volgens hom was aanpassing in pryse nie die enigste oplossing nie, maar dat doeltreffende leierskap en die strategiese toe-eiening van bestuur ewe belangrik is.

Die organisasie het vir uitstel gevra sodat verbruikes en ondernemings aan die verhogings gewoond kan raak.

Cosatu het verklaar dat die lewenstandaard van die armes negatief daardeur geraak gaan word.

циркуляционный насос российского производстваЛобановский

20 sterf in Ooskaapse busongeluk

Onbevestigde berigte lui dat twintig mense in 'n Ooskaapse busongeluk gesterf het toe die bus die pad byster geraak en oor 'n krans gestort het, naby die dorp Cedarville.

Ambulanse van Kokstad is na die toneel gestuur, asook 'n weermaghelikopter met mediese personeel aan boord.

Die ongeluk het vanmore net na tienuur plaasgevind en daarom is volle besonderhede nog nie bekend nie. 'n Woordvoerder van die polisie, Zandra Wiid, het die ongeluk bevestig maar kon nog nie besonderhede verskaf nie aangesien sy wag op 'n polisiehelikopter om haar na die toneel te vervoer.

play crownлобановский александр харьков

Tradisionele leiers s? Suid-Afrikaners moet ook versorg word

Die huis van tradisionele leiers meen buitelanders moet in die land gehuisves word, maar plaaslike inwoners mag nie vergeet word nie.

Volgens die tradisionele leiers word die filosofie van oeboentoe deur die huidige optrede teen buitelanders geskend.

Die huis van tradisionele leiers he took beklemtoon dat buitelanders wegvlug van chaos in hul lande van herkoms en het Suid-Afrikaners gevra om te onthou dat vlugtelinge weer na hul onderskeie lande sal terugkeer as probleme daar opgelos word.

Volgens die tradisionele leiers is die woorde Nkosi sikelela i Afrika oftewel God seen Afrika ook van toepassing op swartmense uit ander Afrikalande en daarom moet plaaslike gemeenskappe hulle van geweld jeens buitelanders weerhou.

best social mediaДанильченко Юрий отзывы