Ooskaapse bus het ratmoeilikheid gehad

Die polisie het vandag die amptelike dodesyfer rondom die Ooskaapse busongeluk aangekondig. Dit staan op 22, waaronder 5 kinders.

Die bus, wat aan 'n privaatmaatskappy behoort, het gister by 'n 200meterwal afgegly tot in 'n rivier naby die dorp Cedarville.

Die busbestuurder is onder die 22 dooies. Van die beseerde passasiers het gesê dat die busbestuurder net voor die ongeluk probleme met sy ratte ervaar het.

Die name van die oorledenes sal bekendgemaak word sodra al die naasbestaandes in kennis gestel is.

хамам в квартиреАлександр Фильчаков прокурор