Gustav Venter sit in dié tweede aflewering sy ontleding van Max du Preez, skrywer van "die mees onsamehangende rubrieke in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse perswese", voort.
Die bewaarder van die rewolusie
Maar hulle het geëindig, het hulle nie? As daar een iemand is vir wie rewolusionêre sukses te vinnig gekom het, dan is dit vir Max du Preez. Sy toegelate vyftien minute was so bitter gou verby… Een oomblik was hy nog die parmantige jong salm wat stroomop geswem het om sy verhouding met sy plekkie in die land se geskiedenis te konsumeer… en toe, en toe kom ’n magtige, ongeduldige stroom – van agter af, bergop! – en dit spoel oor Max, dit rol en tol hom holderstebolder en hy is net ’n klein stokkie dryfhout op ’n helse groot rivier – wat in dieselfde rigting as hy gaan en nie net word hy – o, die onreg! – nie meer raakgesien of gehoor nie, al sy andersheid het in een oomblik verdwyn, skielik is hy net ’n hooinaald in ’n bliksemse groot mied. Almal dink soos hy en hy dink soos almal. Nou is dit die mense wat soos die Versteende Verstande praat, wat anders is. Die idees van die Vrye Weekblad – of ten minste die herinnering daaraan – is nou geheilig, hoofstroom, ortodoks. Max du Preez, hy met die rewolusionêre ywer en die Max-du-Preez-stylbaard, het konvensioneel geword en vir ’n rebel is dit die dood self.
Lees verder: Die eenarmbandiet, ‘n toebroodjie op die Steppe en die baard van Max du Preez 2

Die stryd rondom die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) is besig om te verhewig en ’n hele aantal skrywers en letterkundiges het reeds standpunt vir die behoud van NALN ingeneem.