Blatter is gevra of Brittanje en Australië oorweeg sal word as alternatiewe gasheerlande. Ofskoon hy glo dat albei wel ‘n kans staan het hy gesê dat daar ander lande is wat ‘n Wêreldbekertoernooi binne "twee dae of twee weke" kan reël. "Die VSA of Meksiko kan dit doen. Japan kan dit doen. Hulle het oorgenoeg stadions."
"U sê dat Brittanje dit kan doen en ek is seker hulle kan. Spanje kan dit doen. Daar is baie lande maar hulle hoef nie gereed te wees nie," het hy bygevoeg.
FIFA bly vol vertroue dat Suid-Afrika die toernooi sal kan aanbied, alhoewel daar gerugte was dat dié land nie die stadions betyds sal kan lewer nie vanweë konstruksieprobleme. Daar is ook kommer oor die misdaadsituasie in die land.
