Die huidige staking laat mens dink aan die Bybelse eindtyd, meen Jeanette Koekemoer.
Met die oopmaak van die derde seël in die Bybelboek Openbaring 6, hoor Johannes ’n stem sê: “‘Kom kyk!’ En ek het gesien, en kyk, daar wag ’n swart perd; en hy wat daarop sit, het ’n skaal in die hand. En ek het ’n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: ‘’n rantsoen koring vir ‘n penning en drie rantsoene gars vir ’n penning; en moenie die olie en die wyn beskadig nie’”.
Die swart perd beteken reeds onheil. Die ruiter se skaal toon dat hy iets sekuur wil afmeet sodat daar geen vermorsing plaasvind nie. Dan word daar rantsoene van koring en gars afgemeet omdat daarvan nie oorvloed is nie. Die vermaning om die olie en die wyn nie te beskadig nie, beklemtoon die skaarste aan lewensmiddele. Dat dit nie luukses is nie maar noodsaaklike middele, dui daarop dat die hongersnood reeds heers vóór die grootskaalse menseslagting deur “swaard, hongersnood en pes” soos in die vierde seël beskryf. Dit is wat Johannes in sy geestesoog sien aangaande die begin van die eindtye.

Lees verder: Suid-Afrika se ?swaard, hongersnood en pes?