Sakeman Vivian, oftewel Vathasallum, Reddy het tot die redding van Carl Niehaus gekom. Niehaus, wat intussen in die engelstalige pers tot "No house" herdoop is, se uitspattige en korrupte lewensstyl wat tot sy geldelike probleme gelei het, is tans in die nuus. Niehaus skuld ongeveer R1 miljoen aan Rhemakerk, Eric Corbishley en die Brett Kebble-boedel.
Geert Wilders-geval toon Britse dubbele standaarde oor spraakvryheid
Die angsvallige wyse waarop die Nederlandse politikus deur die Britse owerheid op Heathrow-lughawe aangehou is, toon die dubbele standaarde van Groot Brittanje as dit by spraakvryheid kom. Wilders sou die Britse Hoërhuis oor sy dokumentêre film, "Fitna", gaan toespreek het.

Lees verder: Geert Wilders-geval toon Britse dubbele standaarde oor spraakvryheid
Tutu is geen Christen
Ek stem saam met Gustav Venter wat biskop Desmond Tutu se Christenskap bevraagteken en wonder wanneer hy hom gaan bekeer. Tutu gebruik bloot die Bybel en die Christelike geloof om politiek te bedryf. Op 'n stadium het hy dan iets gesê in die trant dat die Bybel 'n beter wapen as Karl Marx se Das Kapital is om 'n revolusie in Suid-Afrika te bewerkstellig.

Is Gustav Venter ‘n Christen?
Die rubriek van Gustav Venter oor Aartsbiskop Tutu is die grootste klomp snert wat ek in 'n lang tyd gelees het. Die man klink amper soos ons eie Malema met die kragdadige aanval op die persoon van 'n ou man wat al meer vir die kerk en sy mense gedoen het as wat Venter ooit sal. Dit laat mens dan ook wonder wie sy volgende slagoffer gaan wees.

Wilders dink die Britte is gek en lafhartig
Geert Wilders Die omstrede Nederlandse filmmaker, Geert Wilders, het Brittanje se weiering om hom toe te laat tot die land as "gek en lafhartig" bestempel. Wilders, 'n Nederlandse politikus, wat die veel gekritiseerde film oor Islam, "Fitna", verlede jaar gemaak het, het na Londen gevlieg om die film te vertoon, ten spyte daarvan dat hy
Niehaus bied aan om te bedank n? bedrogskandaal
Carl Niehaus (links) ANK-woordvoerder Carl Niehaus het oor die naweek aangebied om te bedank uit sy posisie nadat nuus bekend gemaak is dat hy bedrog gepleeg het om 'n lening te bekom. "Iets soos dié wat openbaar gemaak word… sal natuurlik gevolge vir my inhou… ek aanvaar dat die ANK oor my toekoms sal besluit,"
Lees verder: Niehaus bied aan om te bedank n? bedrogskandaal
Amerikaanse banke insolvent
Sommige van die groot Amerikaanse banke is volgens ekonome en ander finansiële kenners soos dooie mense wat loop. Die banke is volgens hulle mening insolvent. Verbruikers en besighede het egter nie nodig om bekommerd te wees oor hulle beleggings nie, aangesien dit deur die Amerikaanse regering verseker word. En selfs banke wat tegnies insolvent is,
VK se Brown meen Zimbabwe, Iran moet verbeter
Brittanje sal nie beter verhoudinge met Zimbabwe of Iran kan bou totdat beide lande nie wys dat hulle internasionale kommer oor hulle interne sake gaan aanspreek nie, het eerste minister Gordon Brown Donderdag aan wetgewers gesê. Brown het aan die Brtse Laerhuis gesê dat hy ernstige bedenkinge het oor Robert Mugabe se rol in Zimbabwe,
Kongolese maak hul eie wapens
Die wapens wat vertoon word is alles tuisgemaak. Dit sluit jagmesse, lanse wat gemaak word van stokke met metaal punte tot langloophaelgewere in. Vir dekades lank het mense in die Kongolese dorp gewere gemaak. Maar die industrie het 'n winsgewende besigheid geword omdat mense in die afgeleë noordoostelike gebied hulleself begin bewapen het teen die
Afrika gaan knak onder die globale kredietkrisis
Afrika kan binnekort ernstig swaarkry as gevolg van die globale kredietkrisis terwyl Westerse lande groot bedrae skuld ophoop in 'n poging om 'n internasionale resessie af te weer. Afrikaministers is bekommerd dat die Weste so gefokus gaan raak op hul eie probleme dat hulle die beloftes van ontwikkelingshulp aan Afrika gaan ignoreer. Die ernstige bedreiging
Lees verder: Afrika gaan knak onder die globale kredietkrisis