Sakeman Vivian, oftewel Vathasallum, Reddy het tot die redding van Carl Niehaus gekom. Niehaus, wat intussen in die engelstalige pers tot "No house" herdoop is, se uitspattige en korrupte lewensstyl wat tot sy geldelike probleme gelei het, is tans in die nuus. Niehaus skuld ongeveer R1 miljoen aan Rhemakerk, Eric Corbishley en die Brett Kebble-boedel.
Reddy is ook een van Jacob Zuma se ondersteuners.
Niehaus het vir Pallo Jordan, Saki Macozoma, Tokyo Sexwale, Cyril Ramaphosa, Gill Marcus en Rick Menell genader vir geldelike hulp, maar sonder sukses.
Die lenings wat hy aangegaan het was onder andere om 'n Porsche, 'n C-klass Mercedes en 'n Jeep Cherokee te finansier.
Reddy het gister gesê dat iemand van Niehaus se statuur gehelp behoort te word as hy in die knyp raak omdat hy een van die eerste Afrikaners was wat homself teen apartheid verset het en groot opofferings gemaak het.
Reddy is 'n gedugte sakeman wat bevriend is met Goodwill Zwelithini sowel as Jacob Zuma. Sy maatskappy voorsien hospitale van anti-retrovirale middels. Hy het die Suid-Afrikaanse Boy Scouts op die ouderdom van 16 in Japan verteenwoordig waar hy die ruimtevaarder Neil Armstrong ontmoet het. Die ontmoeting het 'n groot indruk op die seun, een van nege kinders, gemaak.
Reddy is bekend as die mees gedugte sakeman in Natal.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.