Dosyne pro-Beijing wetgewers het dié week uit Hongkong se wetgewende raad gestap om die inswering van twee pro-onafhanklikheid aktiviste te verhinder. Dit lê die grondslag vir ‘n grondwetlike krisis in die Chinees-beheerde stad. Die onafhanklikheidsonderwerp is lank reeds taboe in die voormalige Britse kolonie wat ingevolge die een-land-twee-stelsels-beginsel regeer word sedert dit in 1997 onder
Gratis Telkom-data aan studente wat wil studeer
Telkom het bevestig dat hulle gratis data beskikbaar gaan stel aan studente wat weens die voortslepende betogings nie toegang tot hul studiemateriaal kan kry nie. Die maatskappy sê hy is daartoe verbind om onderwys in Suid-Afrika te steun, het RSG berig. Sommige universiteite het klas- en studiemateriaal aanlyn beskikbaar gemaak vir studente wat weens die
Lees verder: Gratis Telkom-data aan studente wat wil studeer
Groot polisieteenwoordigheid vir ‘studente-opmars’ in Pretoria
‘n Groot polisieteenwoordigheid is op Kerkplein in Pretoria ontplooi vir die opmars van swart jeugdiges oor sogenaamde “klasgelde” en “dekolonisering van onderrig” na die Uniegebou. Volgens die Tshwane metro sal 3000 swartes wat gratis toegang tot universiteite eis, en reeds miljoene rande se skade aangerig het, aan die betoging deelneem. By die Universiteit van Kaapstad,
Lees verder: Groot polisieteenwoordigheid vir ‘studente-opmars’ in Pretoria
Ontlastingsaaiers by UK vasgetrek
Die Universiteit van Kaapstad het bevestig dat die polisie vier oproeriges vasgetrek het wat met houers vol ontlasting na die kampus op pad was. ‘n Woordvoerder vir die universiteit, Elijah Moholola sê die amokmakers is by die ingang van een van die kampusse aangekeer. Vroeër is nog twee studente in hegtenis geneem nadat betogende studente
Oproer tref Windhoek se kampus
Universiteit van Namibië het die eksamens wat Dinsdag moes begin, uitgestel nadat oproeriges amok gemaak het omdat hulle daarvan weerhou word om te skryf tensy hul studiegelde betaal word, het die Republikein berig. Die registrateur, Sifiso Nyati, het vroeër aangedui dat studente wat sukkel, gehelp sal word met registrasiegelde. Maar volgens Nyati het nie een
Klagtes oor droogte stroom in by MRK
Klagtes dat die gebrek aan water skendings van menseregte is, stroom in by die SA-Menseregtekommissie in die Vrystaat. Die kwaai droogte het damme se watervlakke tot krisisafmetings laat daal. Die Vrystaat is een van die eerste provinsies wat as droogtegebied verklaar is. Inwoners in verskeie dorpe in die provinsie se krane het intussen drooggeloop. Die
Toeareg-vegters blok djihadistiese smokkelroete
Ondanks Franse militêre optrede in 2013 om militante Islamitiese groepe in die noorde van Mali onder beheer te bring, is die gebied steeds polities onstabiel. ‘n Aantal uitgedorde brode is al wat in die hoofbakkery van Mali se noordelike woestyndorp, Kidal, oor is. Die eienaars het die bakkery verlaat toe meelpryse verdubbel het nadat gewapende
Lees verder: Toeareg-vegters blok djihadistiese smokkelroete
Opposisie verwerp uitslag van Montenegro verkiesing
Twee opposisie-alliansies in Montenegro het die uitslae van Sondag se parlementêre verkiesings, waarin die eerste minister, Milo Djukanovic se party die meeste setels gewen het, verwerp en die regering van intimidasie van kiesers beskuldig. Djukanovic se Demokratiese Party van Sosialiste het 36 setels, vyf minder as ‘n meerderheid in die parlement met sy 81 setels
Lees verder: Opposisie verwerp uitslag van Montenegro verkiesing
Afrikaanse gebiede vaar sleg op lys van SA miljoenêrs
Hoewel Afrikaners vir die grootste deel van die twintigste eeu die land regeer het, besit hulle weinig van die land se rykdom. Dié afleiding kan gemaak word uit die jongste rykdomverslag oor Suid-Afrikaanse stede wat deur die maatskappy New World Wealth vrygestel is. By verre die rykste stad in die land – waar weinig Afrikaners
Lees verder: Afrikaanse gebiede vaar sleg op lys van SA miljoenêrs
Meer as 500 oproeriges sedert Februarie vas
Sedert Februarie is 560 onlusmakers in hegtenis geneem in verband met gewelddadige betogings by universiteite. Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Khomotso Phahlane het tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria sy kommer uitgespreek oor toenemende voorvalle van brandstigting en die gebruik van petrolbomme op en naby kampusse. Phahlane sê dié voorvalle is ‘n bewys daarvan dat kriminele elemente
