Twee Indiër-joernaliste is oor die naweek by die Westville-gevangenis in Durban in hegtenis geneem nadat hulle hulself glo voorgedoen het as familielede. Taschica Ramlackan en Suthentira Kaissri wou onder dié voorwendsel met een van die gevangenes ‘n onderhoud voer. “Die joernaliste se name en publikasie vir wie hulle werk gaan nie in die stadium bekend gemaak word
Skikking vir orde in parlement verder onderhandel
Die verslag van die Parlement se Komitee oor Bevoegdhede en Voorregte wat strafmaatreëls teen 20 Parlementslede van die EFF aanbeveel, is amptelik deur die Nasionale Vergadering opgeskort. Dit volg na bykans sewe uur se onderhandelinge tussen die opposisiepartye en die ANC. Die ANC het vroeër weer die kwessie op die ordelys geplaas. Die ANC het
Lees verder: Skikking vir orde in parlement verder onderhandel
Zimbabwiërs moet teen jaareinde nuwe permitte vir SA hê
Volgens die minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba is byna tweederdes van Zimbabwiërs se nuwe werkspermitte toegestaan. Hy sê byna ‘n kwartmiljoen Zimbabwiërs moet teen die einde van die jaar aansoek doen vir dié permit. Van die burgers van die buurland wat in Suid-Afrika werk en wat permitte as deel van ‘n vorige buitengewone bedeling toegestaan is,
Lees verder: Zimbabwiërs moet teen jaareinde nuwe permitte vir SA hê
Opod se administrasie knars tot stilstand onder McBride
Sedert Opod se uitvoerende direkteur, Robert McBride, se aanstelling, het die direktoraat se administrasie blykbaar tot stiltand gekom. Die direktoraat ondersoek klagtes van wangedrag van die polisie en gee aanbevelings waaraan die SAPD moet voldoen binne 30 dae. Wetgewing vereis dat die SAPD die minister die polisie in kennis moet stel en ‘n bewys moet indien
Lees verder: Opod se administrasie knars tot stilstand onder McBride
Chaos in Gautengse wetgewer
Chaos het Dinsdag in die Gautengse wetgewer geheers, soortgelyk aan wat verlede week in die parlement afgespeel het, het The Star Woensdag berig. Die dagblad berig dat lede van die ANC en EFF mekaar beledig en vulgêre uitlatings toegesnou het tydens ʼn amptelike sitting van die wetgewer. Mandiso Mashego, EFF-lid, het na die ANC as die
Ramaphosa berispe DA oor parlementêre wanorde
Adjunk-President Cyril Ramaphosa sê die DA se besluit om met die mosie teen president Jacob Zuma voort te gaan, het die veelparty-ooreenkoms wat bereik is, geknou. Hy sê die DA-besluit druis in teen die ooreenkoms wat Dinsdag met partyleiers bereik is. Ramaphosa sê al die partye het ingestem om ‘n politieke oplossing vir die onuithoudbare toestand
Middelvinger vervang parlementêre debat
Lechesa Tsenoli, adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering, moes parlementslede Woensdag weer waarsku om hul van handgebare te weerhou. ‘n Ongewilde mosie is Woensdag ingedien waarteen talle ANC-lede handgebare gemaak het. Lindiwe Sisulu, minister van huisvesting, glo haar middelvinger gewys. In September het Floyd Shivambu, EFF-LP, vir adjunkpresident Cyril Ramaphosa die middelvinger gewys het. Sisulu is deur opposisielede versoek om
De Kock weer hof toe oor parool
Eugene de Kock sal ‘n aansoek by die hooggeregshof in Pretoria indien nadat die minister van justisie en korrektiewe dienste geweier het om aan hom parool toe te staan. Michael Masutha het in Julie De Kock se paroolaansoek afgekeur omdat die families van sy slagoffers nie daaroor geraadpleeg is nie. De Kock (65) het reeds 18 jaar tronkstraf uitgedien.
ANC-jeugliga toestemming vir anti-Steve-betoging geweier
Die metroraad van die groter Pretoriagebied het gister toestemming geweier dat die ANC-jeugliga teen die Afrikaans-is-Groot-konsert in Pretoria betoog, kwansuis om teen Steve Hofmeyr se deelname beswaar te maak. “Ons ondersoek nou alternatiewe maniere om vreedsame en doeltreffende protesoptrede op ’n wettige manier te reël,” het Justin de Swardt, van die ANC-jeugliga in wyk 91
Lees verder: ANC-jeugliga toestemming vir anti-Steve-betoging geweier
SAKP skrikkerig vir verlinkse Numsa
Toe die verlinkse vakbond Numsa by sy konferensie in Desember verlede jaar ‘n sosialistiese werkersparty belowe met verlinkse ideale, het hulle ondersteuning vanuit talle sosialiste uit die buiteland ontvang, maar nie van die SAKP nie. Numsa is pas uit Cosatu geskors. Die vakbond se sekretaris-generaal Irvin Jim het die ANC voorheen daarvan beskuldig dat hulle die Nasionale Demokratiese
