Geen water en as jy petrol of elektrisiteit het, ag jouself gelukkig
Soos wat ek hier skryf, het ek twee dae laas gestort. Ons skep water uit die swembad om die toilette te spoel. Gisteraand was ons amper sonder petrol gestrand, want vier vulstasies het geen loodvrye brandstof gehad nie.
Nee, ek woon nie in Harare nie, maar in die noorde van Johannesburg. Dit is nou die soveelste keer binne enkele weke dat ons water afgesny raak. Pype wat bars weens gebrekkige instandhouding en beplanning, onbetroubare nooddienste, munisipale amptenare wat geen snars omgee nie, het nou tiperend van die Johannesburgse munisipaliteit geraak.

Lees verder: Welkom in Afrika!