‘DA sien Pretoriase kandidate oor’ – VF Plus

Willie Spies Die spanning in die DA oor sy Gautengse kandidatelyste openbaar onder andere ook dat die party Pretoria as magsbasis afgeskryf het.  Volgens ‘n berig in die oggendkoerant Beeld, is veral Pretorianers in die DA ongelukkig omdat hulle aan die agterspeen gesuig het met betrekking tot posisies op partylyste.  Slegs drie van die top

Lees verder: ‘DA sien Pretoriase kandidate oor’ – VF Plus

Geen nuwe Zim-hulp sonder ‘ware magsdeling’, s? VSA

Amerika sal net nuwe hulp aan Zimbabwe oorweeg, asook 'n potensiële vermindering van sanksies, as hulle duidelike getuienis sien van "ware magsdeling", het 'n woordvoerder van die regering Dinsdag gesê. "Amerika sal net nuwe ontwikkelingshulp en vermindering van beperkte sanksies oorweeg wanneer ons getuienis gesien het van ware magsdeling sowel as inklusiewe en effektiewe regering,"

Lees verder: Geen nuwe Zim-hulp sonder ‘ware magsdeling’, s? VSA

Grondeise gaan meer as R50 miljard kos

Grondeise en restitusie gaan Suid-Afrika meer as R50 miljard kos teen die tyd wat die proses afgehandel is vyf jaar van nou af, het die waarnemende grondeisekommissaris, Andrew Mphela, Dinsdag gesê. Tydens 'n gesprek met joernaliste in Gordonsbaai naby Kaapstad, na afloop van 'n vergadering van streeksgrondeisekommissarisse, het hy gesê dat die staat tot op

Lees verder: Grondeise gaan meer as R50 miljard kos

Migrasie-agentskap gaan Oegandese rebelleleier help om hom oor te gee

Die Internasionale Organisasie vir Migrasie (IOM) het Dinsdag gesê dat hulle gereed is om as waarnemer op te tree indien die tweede in bevel van die Oegandese rebellegroep, die LRA, homself wil oorgee. Okot Odhiambo, die adjunkleier onder Joseph Kony, het verlede week uit die DRK aan AFP gesê dat hy vir veilige deurgang gevra

Lees verder: Migrasie-agentskap gaan Oegandese rebelleleier help om hom oor te gee

Nooddienste gereed n? 200 kajas in Alexandra oorspoel is

Omtrent 200 plakkershutte op die oewer van die Jukskeirivier in Alexandra is Dinsdag oorstroom en nooddienste verkeer op hoë gereedheidsgrondslag, het ER24 gesê. 'n Woordvoerder, Werner Vermaak, het gesê mense het na die Jukskeibrug gestroom om met die nooddienste te praat en hulle in te lig oor hulle bekommernisse. Paramedici en brandweermanne het hulle op

Lees verder: Nooddienste gereed n? 200 kajas in Alexandra oorspoel is

Vlie?nde boom sink visserman se boot naby Vereeniging

'n Visserman se boot het Dinsdag gesink nadat dit getref is deur 'n boom uit die lug uit by Drie Riviere in Vereeniging, het ER24-nooddienste gesê. 'n Woordvoerder, Werner Vermaak, het gesê die insident het omtrent 2:30 nm plaasgevind terwyl die man besig was om vis te vang. 'n Windvlaag het die boom in die

Lees verder: Vlie?nde boom sink visserman se boot naby Vereeniging

Zuma Woensdag weer in die hof

ANK-leier en presidensiële voorloper Jacob Zuma sal na verwagting Woensdag 'n vinnige verskyning in die hof in Pietermaritzburg maak, waar hy aangekla word van korrupsie, geldwassery, bedrog en omkopery. Regter Leona Theron sal na verwagting 'n datum gee vir 'n aansoek deur Zuma se regslui dat die klagte teen hom teruggetrek moet word. 'n Sterk

Lees verder: Zuma Woensdag weer in die hof

Nog ‘n tree agteruit vir slegs-volwassenes speletjies

Die instelling van 'n R18-plus-gradering vir rekenaarspeletjies in Australië word steeds vertraag deur 'n Suid-Australiese prokureurgeneraal, Michael Atkinson. Sensuurministers het verlede Maart in beginsel saamgestem om ondersoek te doen na die openbare mening oor die voorgestelde instelling van 'n R18-plus-gradering vir speletjies en om 'n gespreksdokument oor die saak vry te stel. Maar mnr. Atkinson

Lees verder: Nog ‘n tree agteruit vir slegs-volwassenes speletjies

Weste verander houding oor Zimbabwe

Brittanje het, ten spyte van skeptisisme oor Zimbabwe se nuwe koalisieregering, belowe om die land ter wille van die sukkelende bevolking te help. Dit dui 'n aanpassing in die Weste se houding teenoor Zimbabwe aan. Hierdie opmerkings van Mark Malloch Brown is 'n eggo van die geluide uit Washington sedert die opposisieleier Morgan Tsvangirai ingestem

Lees verder: Weste verander houding oor Zimbabwe

Degas se dansertjie gaan vir R193-miljoen

'n Bronsuitgawe van die beroemde standbeeld van 'n jong ballerina deur Edgar Degas het op 'n veiling in Londen vir nagenoeg R193-miljoen verkoop, sê die afslaers Sotheby’s. “Petite Danseuse de Quatorze Ans” is een van verskeie weergawes van die werk wat 'n opskudding veroorsaak het oor die realistiese uitbeelding van 'n 14-jarige meisie toe die

Lees verder: Degas se dansertjie gaan vir R193-miljoen