'n Bronsuitgawe van die beroemde standbeeld van 'n jong ballerina deur Edgar Degas het op 'n veiling in Londen vir nagenoeg R193-miljoen verkoop, sê die afslaers Sotheby’s.
“Petite Danseuse de Quatorze Ans” is een van verskeie weergawes van die werk wat 'n opskudding veroorsaak het oor die realistiese uitbeelding van 'n 14-jarige meisie toe die eerste wasuitgawe daarvan in Parys in 1881 uitgestal het.
Dit is aan 'n privaat Asiërversamelaar vir 13,26-miljoen Pond insluitende die koper se permium tydens 'n veiling in die Britse hoofstad verkoop en klop die gidsprys van tussen nege- en 12-miljoen Pond.
Die standbeeld, bekend as “Die Danseressie,” is in 1922 in brons gegiet. Dit toon die jong meisie wat 'n neteldoekrok en 'n satynhaarlint dra en wat poseer met haar hande agter haar rug en een voet vorentoe.
Helena Newman, vise-voorsitter van Impressioniste en moderne kuns by Sotheby’s, sê die standbeeld was een van die belangrikste deur Degas en “ongetwyfeld een van die ikoniese standbeelde van die Impressionismetydperk.
“Die rekordbrekende prys wat behaal is vir hierdie uitstaande standbeeld is 'n eerbewys aan die krag van die mark vir skaars werke van uitstaande gehalte,” sê sy.
