Die instelling van 'n R18-plus-gradering vir rekenaarspeletjies in Australië word steeds vertraag deur 'n Suid-Australiese prokureurgeneraal, Michael Atkinson.
Sensuurministers het verlede Maart in beginsel saamgestem om ondersoek te doen na die openbare mening oor die voorgestelde instelling van 'n R18-plus-gradering vir speletjies en om 'n gespreksdokument oor die saak vry te stel. Maar mnr. Atkinson is steeds uitstaande met sy finale kommentaar oor die dokument nadat hy vroeër geweier het om dit openbaar te maak tensy veranderinge aangebring word.
Mnr. Atkinson se teenstand teen die R18-plus-gradering het lank reeds Australiese volwasserekenaarspelaanhangers gefrustreer, omdat enige verandering aan die klassifikasiebeheer eenparige goedkeuring van die Statebond vereis, asook al die Australiese state en gebiede se prokureurgeneraals. Mnr. Atkinson het gesê hy weet dat sy standpunt indring teen die reg van volwasse vryheid, maar dat dit nodig is om kinders se toegang tot potensieel skadelike materiaal te beperk.
Die eerste gespreksdokument getiteld "R18+ for computer games" is verlede September na ministers gestuur en lê die voordele en nadele uit wat verbonde is aan die instelling van 'n slegs-volwassenes-gradering vir speletjies.
Indien die dokument vrygestel word, sal dit op die internet vir die publiek beskikbaar wees en verskaf word aan belanghebbende partye soos bedryfsgroepe en gesinsverenigings om hulle menings te verkry.
Victoria se prokureurgeneraal Rob Hulls, wat die leiding geneem het by die opstel van die dokument, het gesê daar is oortuigende argumente vir 'n slegs-volwassenes-gradering. "Terwyl rekenaarspeletjies oorwegend beskou was as iets vir die kinders, wys die jongste data dat die neiging konstant onder volwasse spelers groei," het hy gesê. "Dit blyk inkonsekwent te wees in Australië dat volwassenes toegelaat word om "slegs-volwassenes-films te kyk maar nie toegelaat word om rekenaarspeletjies te speel wat 'n ekwivalente hoëvlakinhoud het nie."
"Met die toenemende oorvleueling tussen films en speletjies is die verskillende benadering in klassifikasiebeginsels moeilik om te volhou… Australië is nie in pas met die res van die ontwikkelde wêreld oor die saak nie."
Australië is die enigste ontwikkelde land sonder 'n R18-plus-gradering vir speletjies, wat beteken dat enige titels wat die MA15+-standaard oorskry, soos dié met "sterk uitwerking"-geweld of seksuele inhoud effektief deur die klassifikasieraad verbied word.
In 2009 is 5 speletjies klassifikasie geweier, maar later is 'n paar van hulle verander na MA15+-graderings ná appèlle aangeteken is of veranderings gemaak is. Nuwe uitgawes soos Grand Theft Auto: Chinatown Wars, FEAR 2: Project Origin en MadWorld het MA15+-graderings gekry, ten spyte daarvan dat hulle in Brittanje steeds die slegs-volwassene-etiket dra.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.