Willie Spies – die Pretoriase prokureur wat onlangs sy bedanking as parlementslid aangekondig het – is as AfriForum se nuwe voltydse regsverteenwoordiger aangestel. Spies sal ook in sy persoonlike hoedanigheid as een van AfriForum se woordvoerders optree. ʼn Volledige onderhoud met Spies is vandag vanaf 13:00 beskikbaar op die internetradiostasie, Solidariteit Radio, by www.solidariteitradio.co.za.

