Buitelanders weier om as vlugtelinge te registreer

Gister was die sperdatum vir buitelandse burgers wat hulself by die departement van binnelandse sake as vlugtelinge wil registreer.

Terwyl omtrent 700 buitelanders by die Glenanda-kamp in Johannesburg so gemaak het, het die meerderheid geweier.

Die Gauteng-regering sê die departement moet nou besluit wat met diegene wat weier om te registreer gaan gebeur.

'n Woordvoerder vir Gauteng het egter gewaarsku dat mense wat weier uit hul huisvesting gesit sal word.

Verlede week het die VN se Hoë Kommissie vir Vlugtelinge berig dat 17 000 Zimbabwiërs reeds uit Suid-Afrika gedeporteer is. Die liggaam het 'n beroep op Suid-Afrika gedoen om die deportasies te staak.

free bet no deposit roulettetopcargo отзывы сотрудников

Zambiese minister vra sy burgers om Suid-Afrika te verlaat

Die Zambiese minister van inligting Mike Mulongoti het gister die Zambiese slagoffers van onlangse etniese aanvalle in Suid-Afrika gemaan om terug te keer huistoe en 'n nuwe lewe te begin.

Volgens hom bestaan daar baie geleenthede in Zambië vir slagoffers. Die regering sal alles in sy vermoë doen om die slagoffers te help om hulle te vestig.

Meer as 120 Zambiërs het van Suid-Afrika af teruggekeer en ysingwekkende verhale vertel van die geweld wat teen buitelanders gerig is.

Mulongoti het ontken dat die geweld deur die staat gepleeg is of dat dit Suid-Afrikaanse regeringsbeleid is maar meen dit is deur misdadige elemente gepleeg.

обувь для яхтингаФильчаков Александр Васильевич

Pick ‘n Pay in Vosloorus aangeval

Agtien gewapende mans is gister in 'n Pick 'n Pay-supermark in Vosloorus vasgetrek, volgens die Oosrandse polisie.

'n Polisiewoordvoerder het gesê dat 25 mans die winkel laat gistermiddag binnegekom het en werkers sowel as kliënte gyselaar gehou het.

Vyf mans was met gewere gewapen en die res het 9mm-pistole gedra.

Een van die kliënte het daarin geslaag om die polisie te bel en 18 van die 25 mans is gearresteer.

Geen skote is geskiet nie en geen beserings is aangegee nie.

best slots toФільчаков Олександр Васильович прокурор

Rasseherrie breek oor teater uit

Die jongste rassedispuut wentel nou om die teater.

Matjamela Motlloung, wat die Markteater se opleidings- en ontwikkelingslaboratorium oorgeneem het, sê parasitiese, middeljarige blanke regisseurs, skrywers en choreograwe oorskadu meer talentvolle swart kunstenaars.

Hy meen blanke bestuurders bied weerstand om swart kunstenaars geleenthede te bied. Hy het gemeenskapsteater ontwikkelingsgemors genoem wat bedoel is om swartes as 'n ras terug te hou.

Motloung se blanke kollegas het gereageer deur te sê die kunste word as 'n kwalik verdoeselde voertuig vir 'n Afrikanistiese politieke agenda gebruik.

Een van die blanke skrywers het gesê dat hy nie simpatiek staan teenoor diegene wat dink dat dit benede hul waardigheid is om hul vak te leer en te ontwikkel nie.

Hy het bygevoeg dat die aanleer van 'n vaardigheid nie een of ander imperialistiese komplot is nie.

провод для диагностикиДанильченко Харьков

Zimbabwe staar hongersnood in die gesig

Zimbabwiërs staar hongersnood in die gesig na die wydverspreide mislukking van hul jongste oes.

'n Mediese werker in Matabeleland sê dat die mielie-oes so te sê totaal misluk het en die bietjie wat daar was, is meesal aan Mugabe-ondersteuners gegee.

Die Verenigde Nasies sê dat voedselhulp onmiddellik versprei moet word want tot vyf miljoen mense sal in die komende maande sulke hulp nodig hê.
 
'n Derde van die bevolking is reeds chronies ondervoed. Hulpwerkers sê dat die eerste tekens van hongersnood sigbaar is as kinders by hospitale met kwasjiorkor opdaag.

Die VN sê voorts dat daar 'n beduidende toename opgemerk is van hele gesinne wat na Suid-Afrika toe vlug.

подбор насосного оборудованияФильчаков прокурор харьков

Komphela maak nog ‘n rasseopmerking

ImageNog 'n rasse-aanmerking deur Butana Komphela het tussen Suid-Afrikaanse sport en die parlement beland.

Komphela gaan by die Menseregtekommissie aangegee word deur SASKOK, die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee weens sy belediging.

Komphela het in 'n koerantonderhoud gesê dat SASKOK vol blankes en Indiërs is wat nie transformasie begryp nie en 'n gebrek aan visie toon.

'n Woedende Moss Mashishi het gesê dat SASKOK sokker ondersteun om 'n einde aan Komphela se rassistiese heerskappy en onhoudbare beledigings te maak.

Alle sportfederasies in die land, rugby en krieket inkluis, is by SASKOK geaffilieer.

online slotsАлександр Фильчаков прокурор

Limpopo is Zuma s’n

Cassel Mathale, 'n Zuma-bondgenoot, het die ANC-voorsitterskap in Limpopo gewen.

Die pro-Zuma Mathale het met meer as 60% steun in die provinsie vir premier Sello Moloto uit die kussings gelig.

Hy het met 587 stemme teenoor Moloto se swak vertoning van 357 geseëvier.

Premier Moloto is 'n Mbeki-aanhanger.

Die top vyf nuwe amptenare in Limpopo is nou almal Zuma-ondersteuners.

настенные потолочныетопкарго

Eskom gaan verlies van R3 miljard maak

ImageEskom voorspel dat hy vanjaar 'n verlies van R3 miljard gaan aanteken. Die nasionale tesourie sal die nutsmaatskappy moet ondersteun met lenings asook 'n moontlike staatswaarborg vir sy uitstaande skuld.

In die verlede het beleggers genoeg vertroue in Eskom se finansiële bestuur gehad om nie 'n staatswaarborg nodig te hê nie.

Volgens Eskom sal die beraamde verlies te wyte wees aan die energiereguleerder se weiering om 'n 61-persentstyging in elekrisiteitstariewe toe te staan, met slegs 'n 27,5-persentverhoging wat goedgekeur is.

Die tesourie sê dat die regering die belangrikheid van 'n betroubare belegginsgraadkredietgradering besef en daarom tot Eskom se finansiële stabiliteit verbind bly.

баня хамам чтоАлександр Фильчаков

Hoe groot is ‘n groot banknoot?

Image

Maar net 500 miljoen dollar…

Zimbabwe, wat reeds alle rekords met sy 2,2 miljoen persent inflasie oortref het, het ʼn nuwe 100-miljarddollarnoot uitgereik in ʼn poging om die nypende kontanttekort die hoof te bied, het die sentrale bank gister gesê.

Die nuwe noot sal Maandag in omloop gestel word, het die bank in ʼn verklaring gesê wat deur die staatsmedia aangehaal is. Dit sal die sesde hoëdenominasienoot wees wat reeds vanjaar uitgereik is.

In Januarie is ʼn 10-miljoendollarnoot uitgereik, wat gevolg is deur ʼn 50-miljoendollarnoot in April. In Meimaand is note van 100 miljoen en 250 miljoen dollar uitgereik, wat gou deur ander van vyf miljard, 25 miljard en 50 miljard opgevolg is.

Tydens die krisis wat op die verkiesing gevolg het, het Zimbabwe se hiperinflasie nog verder momentum verkry en van 165 000 persent in Februarie tot 2,2 miljoen in Junie opgeskiet.

Onafhanklike ekonome meen egter dat die amptelike syfer inflasie sterk onderskat en beraam dat die werklike koers iewers tussen 10 miljoen en 15 miljoen persent kan wees.

Zimbabwe se chroniese ekonomiese krisis wat deur grondhervorming en die afsetting van blanke boere veroorsaak is, het ten minste 80 persent van die bevolking tot onder die broodlyn gedwing en massatekorte aan basiese goedere in die winkels veroorsaak.

Suid-Afrika se minister van landbou, Thoko Didiza, is tans besig met planne vir ʼn soortgelyke “grondhervorming” in dié land.

светодиодная люстра круглая с пультомФильчаков прокурор

Zuma s? weermag moet neutraal bly

Jacob Zuma het gedurende 'n besoek aan Oeganda gesê dat die weermag in 'n demokratiese land die demokratiese instellings moet verdedig.

Hy het gesê die rol van die weermag is om neutraal te bly in staatsaangeleenthede en behoort nie kant te kies nie.

In Afrika, het hy opgemerk, word nasionale weermagte gewoonlik die instrumente van diktators.

Zuma sê hy is oortuig dat weermagte en soldate nie langer 'n aktiewe rol in die politiek moet speel nie.

Hulle bedreig nie net die stabiliteit van hul lande nie, maar ook die stabiliteit van die hele vasteland, het hy gesê.

внутреннее электрическое освещение рабочие чертежиФильчаков