In die verlede het beleggers genoeg vertroue in Eskom se finansiële bestuur gehad om nie 'n staatswaarborg nodig te hê nie.
Volgens Eskom sal die beraamde verlies te wyte wees aan die energiereguleerder se weiering om 'n 61-persentstyging in elekrisiteitstariewe toe te staan, met slegs 'n 27,5-persentverhoging wat goedgekeur is.
Die tesourie sê dat die regering die belangrikheid van 'n betroubare belegginsgraadkredietgradering besef en daarom tot Eskom se finansiële stabiliteit verbind bly.

Eskom voorspel dat hy vanjaar 'n verlies van R3 miljard gaan aanteken. Die nasionale tesourie sal die nutsmaatskappy moet ondersteun met lenings asook 'n moontlike staatswaarborg vir sy uitstaande skuld.